top of page

Ses Groot Vrae :3.Hoe weet ek of ek saam met die regte persoon is?


"Is hy bedoel vir my?" "Is sy die regte een vir my?" "Is dit die een wat God vir my bedoel het?" Die eenvoudige antwoord is – Jy is nie saam met die regte persoon nie en jy sal nooit saam met die regte persoon wees nie. Jy is saam met die persoon wat jy gekies het. Jy sal altyd saam met iemand wees wat jy kies. Ons vra hierdie tipe vraag net as ons onseker of bang is of nie gereed voel om die verantwoordelikheid van so 'n keuse te aanvaar nie. En daar is niks daarmee verkeerd nie, maar op die ou end sal ons die keuse moet maak.

"We waste time looking for the perfect lover, instead of creating the perfect love."

~ Timothy Oliveira

Indien ons nie bereid is om die verantwoordelikheid te aanvaar vir ons keuse nie, sal ons ook nie verantwoordelikheid vat vir die geluk en uitdagings van ons verhouding nie. Dit sal maak dat ons dinge voel en dink soos: "Jy maak my so gelukkig." of "Jy maak my so kwaad." Die gevolg is dat dit dan die ander persoon se verantwoordelikheid is om my gelukkig te hou of om op te hou om my kwaad te maak.

 

Francois Esterhuizen: Huweliksberading en terapie vir verhoudings - Stellenbosch.

Huweliksvoorbereiding, huweliksverreiking, kursussue en werkswinkels vir verhoudings.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page