top of page

Wil jy oogkontak maak met die mense vir wie jy die liefste is? Wil jy praat oor dit wat regtig vir jou belangrik is - die dinge waaroor jy baie dink, maar nie altyd weet hoe om te sê nie?

 

Is jy opsoek na 'n veilige ruimte vir vrae van onsekerheid, goeie kommunikasie en twyfel? Vir jou verhouding of vir jou besigheid? Wil jy ontdek wie jy werklik is en hoe jy kan wees wie jy wil wees. 

 

Is jy reg om verder te gaan en meer te wees as wat jy gedink het moontlik is?

“When we are no longer able to change a situation, we are challenged to change ourselves."
Victor Frankl
Wat om te verwag

As 'n Imago terapeut en strengthsfinder mentor is dit vir my belangrik dat jy so gou moontlik toegerus en bemagtig word om die persoon te wees wie jy wil wees. Dat jy jouself kan uitleef - ook in die belangrikste verhoudings in jou lewe. Ek wil baie meer doen as raad of advies gee oor jou verhoudings of jou lewe. Daarom is elke sessie prakties en kry jy take om by die huis te doen - helende huiswerk en groeigeskenke. 

Omdat ek nie 'n sielkundige is nie, is dit vir my gemaklik om meer praktiese riglyne en oefeninge te gee wat meer in lyn is met die styl van 'n Life Coach. 

 

My werk is hoofsaaklik geskoei op Imago terapie, maar steun ook op die tegnieke van John Bradshaw, M Scott Peck, Brené Brown en Daniel Siegel. Dit is vir my belangrik om in voeling te bly met die nuutste benaderings tot persoonlike groei en emosionele genesing. 

 

Die verstaan en verwerking van ons eie lewensverhaal is elkeen van ons se taak. Dit bly een van die kragtigste en mees kreatiewe prosesse waaraan ons onsself kan toewy. Ek sien uit daarna om 'n stukkie van jou lewenspad saam met jou te stap.

“Owning our story can be hard but not nearly as difficult as spending our lives running from it. Embracing our vulnerabilities is risky but not nearly as dangerous as giving up on love and belonging and joy—the experiences that make us the most vulnerable. Only when we are brave enough to explore the darkness will we discover the infinite power of our light.”
Brené Brown
bottom of page