top of page

Die noodsaaklikheid van poligamie

Om weer te trou

Mense wat gelukkig getroud is trou nie net een keer nie. Hulle trou weer en weer. Hulle trou nie net met die persoon wat maklik is om mee saam te leef nie, maar ook met die een wat soms vol nonsens is en die moeilike een wat eers sigbaar word na die derde huweliksherdenking. Hulle trou nie net met die persoon op wie hulle verlief geraak het nie, maar ook met die een wat soms hulle liefde verwerp. Hulle trou met die dapper een en met die lafaard. Hulle trou met die maanskyn en rose én met die donderstorm en bliksemstrale. Soms verloop daar jare tussen die troues.

Meneer Maugham stel dit so mooi:

Hierdie mense wat kies om weer en weer te trou en oor en oor nuwe beloftes aan die nuwe persoon te maak, is ook diep bewus dat hulle huweliksmaat dieselfde moet doen. By die tweede, derde en twintigste troue is daar nie 'n groep gaste om die seremonie waar te neem nie. Dit word nie deur iemand anders gefasiliteer nie. Dit is net die twee van julle.

Hierdie troue gebeur sommer in die kombuis of in 'n tent - dit het nie 'n mooi venue nodig nie. Dit kos nie so baie geld nie, maar dit is baie duur in terme van die inspanning wat dit dikwels vra.

Ou beloftes moet gebreek word om nuwes te kan maak. Moenie bang wees om jou ou beloftes te breek nie. So kan jy jou herverbind deur beter beloftes te maak. Onrealistiese verwagtinge moet aangepas word om plek te maak vir die werklikheid. Daar moet konstant aangepas word om te kan leer saam leef met die veranderende mens aan wie jy jou verbind het.

Ek weet Charles het nie huwelike in gedagte gehad nie, maar dit is baie relevant:

So, vat 'n oomblik en dink terug aan wie julle was toe julle getrou het. Kyk na 'n foto en onthou daardie man of daardie vrou. Dink aan al die ander mense wat jy intussen in jou maat ontdek het en vra jouself of jy al getrou het met die spesifieke een. Dit is nog nie te laat nie...maak nie saak waar julle julself nou bevind nie.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page