top of page

Verhoudings: Gee name aan jou emosies


Wanneer gebare- en lyftaal nie genoeg is nie

Net soos dit jou verantwoordelikheid is om jou behoeftes te kommunikeer is dit ook jou verantwoordelikheid om jou emosies te kommunikeer. Ons almal het 'n default wanneer dit by emosies kom. Ons het sekere fisiese maniere wat wys hoe ons voel. Sommige mense se fisiese tekens is baie duidelik en groot, maar ander sin is weer meer subtiel. Dit is 'n tema vir 'n ander dag. Die punt van die stuk is dat dit op die ou-end nie genoeg is om net met ons fisiese defaults te kommunikeer nie.

Buiten die moed wat dit vat om jou emosies te kommunikeer is dit ook belangrik om eers self te verstaan wat jy voel. Ons is baie beperk in die opsig. Ons verval gans te veel in oorvereenvoudigde taal soos gelukkig, kwaad en hartseer. Hier is byvoorbleed vier emosies wat met "Ek voel hartseer." beskryf kan word, maar uiteenlopende betekenis het. "Ek voel afgeskeep." "Ek voel misken." "Ek voel verneder." "Ek voel verontreg." Dit is duidelik dat elkeen van hierdie sinne 'n ander gesprek tot gevolg sal hê. Hoe beter emosies geverbaliseer word hoe makliker is dit ook om by die wortel van frustrasies uit te kom.

Dit is net so belangrik om ons positiewe emosies te verbaliseer. Dit help jou om jouself ook beter te ken en te verstaan. Kom ons gebruik: "Ek voel goed." Dit kan enige van die volgende beteken: "Ek voel optimisties" "Ek voel tevrede." "Ek voel vry." "Ek voel dankbaar." Onthou hoe beter jy jou emosies ken en verstaan hoe beter kan jy dit kommunikeer - dit maak dit weer makliker vir ander om te verstaan hoe jy voel.

Gebruik die volgende eenvoudige oefening om jou emosionele woordeskat uit te brei. Voltooi die sin: "Ek voel gelukkig as..." Noem enige iets wat by jou opkom. Voltooi dan die sin: "Wat ek bedoel met gelukkig is..." Gebruik nou ander emosiewoorde om die gevoel te beskryf. Byvoorbeeld: lewendig, bevoegd of gewaardeer. Herhaal die oefening 'n paar keer en doen dan dieselfde met:"Ek voel ongelukkig as..." Dit vat tyd en vra inspanning om jou emosies effektief te kan kommunikeer. Hoe meer jy jou ware emosies verbaliseer hoe ligter gaan jy voel. Sterkte!

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page