top of page

Hoe om boeke te verteer


Boeke het my baie gehelp om te groei en ook te genees. Sommige boeke het 'n groot effek op my gehad as gevolg van die relevansie vir my op daardie tydstip van my lewe. Ander het ek weer en weer gelees omdat dit my paradigma oor die lewe bly vergroot en verdiep het. Om die waarde van 'n boek te ontgin is soms moeilik. Hier is 'n paar gedagtes.

So kom ek begin met 'n aanhaling van een van die outeurs van my top 10 boeke:

"Many self-help books give you these neat, tidy formulas that are really illusions. They dupe people into thinking, 'Well if I can just do that, then everything's going to be okay.' My work differs in that I don't offer quick solutions and simple explanations."

Ek stem saam met John in die opsig dat die oplossings waarna ons soms soek nie maklik is nie, maar ek dink wel dat daar baie is wat eenvoudig is. Wat ek bedoel is: Iets kan eenvouding wees, maar dit beteken nie dat dit maklik is nie. Byvoorbeeld: In hierdie artikel oor gewoontes het ek die voordele van 'n 20 sekonde drukkie verduidelik. Dit is erg eenvouding, maar dit is noodwending vir almal maklik of gemaklik om iemand vir 20 sekondes vas te hou nie. So, om 'n boek te lees is verseker nie dieselfde as om dit wat jy leer toe te pas nie. Bygesê, kan mens ook nie alles wat jy lees toepas nie. Soms vat dit lank om werklik die beginsels van 'n boek te verstaan en ander kere is jy bloot net nie reg vir wat jy leer nie. Wannner jy wel reg is vra dit aksie en inspanning om dit wat jy leer deel te maak van wie jy is. Daarom wil ek die volgende voorstelle maak vir hoe jy die meeste uit die volgende 10 weke kan kry:

1. Maak notas oor die toepaslikheid (op jou verhouding) van dit wat jy lees. Dit maak dat jy self die effek op jou lewe kan bepaal en gee momentum aan jou ontdekkings. Dit help jou ook om later weer 'n oorsig te kry van jou besluite. 2. Deel wat jy leer met ander. Wanneer jy dit wat jy lees en leer met ander deel gaan jy deur die proses om dit in jou eie woorde te verwoord wat jou ook help om dit te internaliseer. 3. Neem aksie, maar net 'n bietjie. Om te dink jy gaan gou hierdie week jou hele lewe omdraai is onrealisties en onvolhoubaar. Dit is veel beter om klein dinge te kies wat jy kan verbeter en dan te fokus om dit 'n gewoonte te maak. 4. Moenie judge nie, coach eerder. Die verskil is dat oordeel jou net skuldig en minderwaardig kan laat voel en dit breek jou moed en momentum maklik. As jy dit soos 'n afrigter benader sal jy leer uit jou foute en klein aanpassings maak om dit aan te spreek.

NS: Dink gou aan die laaste boek wat jy gelees het en skryf drie punte neer wat jy daaruit geleer het...

John Bradshaw boeke (ek het al hierdie al gelees):

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page