top of page

Naak en Naby - Deel 3


Groot gebrek

Soms, oor verskeie redes is ouers net nie so betrokke soos hulle behoort te wees nie. Dikwels omdat hulle self oorbetrokke ouers gehad het is hulle oorversigtig om dieselfde met hul eie kinders te doen. Andersins omdat hulle self bloot net nie weet hoe om betrokke te wees nie. Wat die rede ookal mag wees - dit het 'n impak op ons vermoë om naby aan ons partner te wees.

Onbetrokke ouers

Vrees vir verwerping

Jou vrees vir intimiteit kan gedryf word deur 'n vrees dat jy nie die gewenste reaksie sal kry indien jy dit sou waag om naby aan jou partner te kom nie. Jy hou dus eerder 'n afstand tussen julle. Of isoleer jouself met aktiwiteite soos werk of besig wees in en om die huis. Of met iets eenvoudigs soos jou foon of tv. Andersins of boonop kan dit die gevoel skep dat jou behoeftes, opinies of emosies sleg is, omdat dit moeilikheid veroorsaak as jy dit op enige manier bekend maak. As jou partner dus te naby kom sal dit sigbaar raak en dit is waarvoor jy skerm deur 'n afstand te skep tussen julle twee. Jou vrees is vir verwerping. Jy skep die afstand deur nie enige deel van jou binne-wêreld te deel nie. Jou partner voel dikwels dat hy/sy jou nie ken nie.

Hier is tekens dat jou ouers moontlik onbetrokke was/is:

  • As daar sekere onderwerpe is waaroor daar net nooit gepraat mag word nie...

  • As jy op 'n baie vroeë ouderdom kon gaan waar jy wil wanneer jy wil...

  • As jou behoeftes of program nooit in ag geneem is wanneer besluite gemaak word nie...

  • As jy nooit na jou ouers draai vir advies oor groot besluite nie...

  • As hulle nie belangrike gebeure bygewoon het nie...

  • As hulle die indruk gegee het dat jou prestasies nie regtig iets werd is nie...

  • As hulle van jou verwag om by hulle uit te kom of hulle te bel, maar self nie die moeite doen nie...

As sommige van bogenoemde presies beskryf wat jy beleef/beleef het is dit baie moontlik dat jy 'n baie geslote persoon geword het. Jy deel nie maklik jou gedagtes of uitdagings met jou partner nie. Jy is geneig om stil te wees, selfs tussen familie. Dit beteken nie dat jy nors is nie - jy kan inteendeel 'n baie vriendelike persoon wees, maar jy is nie iemand wat ui jou eie deel nie. Die grootste uitdaging vir jou is om te leer om die klein en 'onbelangrike' dele van jou lewe te deel. Jy sal nie sommer dit deel nie, omdat jy geleer het dat selfs die belangrike dele in jou lewe nie na geluister word nie. Dus volg dit dat die nietighede in jou dag nie iets is wat jy dink ander wil weet nie. Dit is 'n goeie plek om te begin - deel sommer net wat jy die dag gedoen het met jou partner. Jy sal 'n angstigheid voel wanneer jy dit doen - dit is normaal. Haal net lekker diep asem en vertel detail van jou dag wat jy gewoonlik voel nie gewig dra nie. Dit gaan eerder oor die die deel en connect met jou partner eerder as die inhoud of inligting. Weet ook dat dit baie ongemeklik gaan voel wanneer jy die dele van jou dag opweeg om te deel en voel dat daar eintlik niks is om te sê nie maar wel kies om dit te vertel.

NB: Die punt is nie om jou ouers sleg te maak of te fokus op wat hulle verkeerd doen nie, maar eerder om te verstaan watter effek dit op jou en gevolglik jou verhouding het. Ouers doen die beste wat hulle kan met die kennis wat hulle het, maar wanneer ouers nie bereid is om saam met hul kinders te groei te leer nie word hul eie issues 'n struikelblok vir hul kinders.

 

Francois Esterhuizen: Huweliksberading en terapie vir verhoudings - Stellenbosch. Huweliksvoorbereiding, huweliksverreiking, kursussue en werkswinkels vir verhoudings.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page