top of page

Droom oor


Wat jy wens en wat jy wil

Onthou jy hoe baie jy aan die begin oor julle verhouding gedagdroom het? Onthou jy hoe opgewonde jy geraak het oor wat die toekoms alles vir julle inhou? Besef jy dat wat toe die toekoms was is nou die hede? Leef julle die drome wat julle gehad het? Een rede hoekom meeste van ons nie ons drome leef nie is - ons drome is net wense. Dinge wat ons maar hoop gebeur so van self. Ons drome word nooit doelwitte wat ons met die wilskrag van liefde kan bereik nie. Net wense wat die wind van die lewe kom wegwaai.

Nog 'n rede is dat ons nie ons drome aanpas nie. Ek is oortuig dat hierdie die grootste enkele rede is. Jou drome vir jou verhouding was gebou op wie jy toe was, maar ook wie jy gedink het jou partner is. Jy het nie toe jou partner so goed geken soos nou nie. As jy nie die prentjie wat jy van jouself en jou partner het aanpas nie sal jy nooit nuwe drome vir julle kan droom nie.

Droom oor...Begin weer te droom oor julle toekoms met wie julle vandag is in gedagte. Bou stukkie vir stukkie die ou prentjie van julle verhouding oor. Om jou partner (en jouself) beter te leerken is die begin van die proses. Hoe beter julle mekaar ken hoe beter kan julle droom. Raak weg in wat moontlik is...

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page