top of page

Gewoonte liefde


Hoe lyk liefde in die dag tot dag lewe

As jy getroud is het die volgende paar weke die potensiaal om jou verhouding permanent te verbeter. As jy nie getroud is nie het dit die potensiaal om jou baie pyn en teleurstelling te spaar. Van hierdie insigte is so waar dat jy gaan wonder hoe jy dit mis kon kyk. Ander is so eenvoudig dat jy gaan twyfel of dit enigsins ‘n verskil kan maak. Elke een van hierdie insigte word te gereeld geïgnoreer deur mense wat regtig lief is vir mekaar. Dit bring ons by die sleutel tot die verstaan van enige verhoudngsprobleme: Liefde is nie genoeg nie.

Wat ek bedoel is dit: Die feit dat twee mense lief is vir mekaar - meer lief as wat hulle nog ooit vir enige iemand was – waarborg nie dat hulle ‘n gelukkige en gesonde verhouding sal hê nie. As liefde genoeg was sou niemand skei nie en kinders nooit ‘n tekort aan aandag en tyd hê nie. Daar is genoeg kos in die wêreld – steeds lei mense honger. Net so is daar genoeg liefde in meeste verhoudings – steeds voel die mense in daardie verhoudings alleen, onbelangrik, afgeskeep, waardeloos, onaantreklik, minderwaardig, misken en al die emosies wat maak dat hulle uitmekaar dryf.

MAAR met die regte gewoontes kan ons seker maak dat die liefde wat ons het vir mekaar ons dra deur elke uitdaging wat oor ons pad kom. Hierdie praktyke is anders as die dinge wat ons normaal weg sien as belangrik vir verhoudings. Om een keer ‘n maand saam vir ‘n naweek weg te gaan is goed en belangrik, maar jy kan nie net een keer ‘n maand eet nie, kan jy? Jy moet elke dag iets eet. Ek glo dat liefde dieselfde werk. Dit is die klein dinge wat ons elke dag doen wat bepaal hoeveel van die liefde ons inkry of voel. Ons het elke dag ‘n bietjie nodig en hier is hoe ons dit vir mekaar kan gee: Kweek eenvoudige gewoontes.

 

Francois Esterhuizen: Huweliksberading en terapie vir verhoudings - Stellenbosch. Huweliksvoorbereiding, huweliksverreiking, kursussue en werkswinkels vir verhoudings.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page