top of page

Beskerm jou verhouding

Perke en grense Julle verhouding is julle verhouding. Dit is julle werk om dit gesond en veilig te hou. Soms beteken dit dat julle ander, doelbewus, uit julle spasie moet hou.

Die kwalitiet van die raad wat ander vir julle gee, word geensins verbeter deur hoe goed hulle bedoeling is nie. Goed-bedoelde raad is nie dieselfde as goeie raad nie. Dit is dikwels die wat dink dat hulle die naaste aan julle is wat met die grootste vrymoedigheid en die beste intensies die aakligste, mees onwelkome raad gaan gee. Dit word sommer net inmeng genoem. Om perke en grense te stel vir die wat inmeng met ongevraagde raad en opinies is 'n moet vir 'n gesonde verhouding met jou partner. Selfs al ontstel dit die een wat deur julle grense beperk word. Selfs al vra dit dat julle soms met die indringer moet baklei om julle grensdrade in plek te hou. Selfs al beteken dit dat julle drastiese stappe moet neem en/of ernstige maatreëls moet tref om seker te maak niemand sluip in nie. Selfs al vra dit lang 'vergaderings' tussen julle twee om tot 'n gesamentlike besluit te kom oor waar die grenslyne getrek moet word.

Daar is nie net een grens nie. Vir elke persoon of persone moet daar 'n unieke grens gestel word. Dit kan soms baie moeilik wees om te bepaal. Moet dus nie bekommerd wees as dit 'n paar toetslopies en aanpassings vra om reg te kry nie. Raad wat gegee word word nie outomaties gevolg nie. Maak seker julle is bewus van die raad wat julle wel volg. Nie alle raad word verbaal en direk gegee nie - dit is dikwels die meer subtiele en manupilerende raad wat die makliste in julle verhoudings kan kom nes maak. Laastens: Van die raad wat jy na die verhouding bring is dalk al baie lank terug vir jou gegee...

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page