top of page

Beperk jou perke


Die beperkings wat jy op jouself, jou partner en julle verhouding sit het die geneigdheid om waar te word. "Ek kan nie ........ nie." "Jy sal nooit ....... nie." "Ons sal altyd sukkel om ....." Ek is seker jy het jou eie sinnetjies van beperkings. Die punt is dat ons dan bewyse vir hierdie negatiewe dinge sal soek... en ons sal dit vind. As ek vir jou sê 'n stoel het 5 gebruike sal jy dalk wonder wat dit alles kan wees. Sit op dit, staan op dit, hou die deur toe as die boewe buite is, en ???? Wat is die ander twee?

Maar as ek vir jou sê:"Dink aan 50 gebruike vir 'n stoel." Dan gaan jy baie meer kreatief raak en verby die tipiese perke gaan wat jou brein outomaties stel wanneer jy 'n stoel sien. Dans met die stoel, praat met die stoel, ens. Maar later gaan jy ook uitkom by dit wat 'n stoel nuwe betekenis gee - dink aan 'n rystoel. Dit word gebruik om iemand te bemagtig. Om verby perke te kom en meer reg te kry! Dit gee vryheid. 'n Stoel.

Dit is een ding om jou perke te ken, maar meeste van ons weet nie waar ons perke is nie, omdat ons ons perke verklaar voor ons regtig so ver gegaan het as wat ons kan. Wat het dit met verhoudings te doen? Wel, in plaas van jouself beperk oor wat jy in staat is om te doen om jou liefde te wys, droom groter. In plaas van glo dat jou partner nooit sal "reg kom" nie, leer eerder oor ander maniere van dinge doen. Moenie jouself beperk tot een reaksie op 'n aksie nie. Wat jou partner doen hoef nie presies dieselfde reaksie by jou uit te lok nie. In plaas van julle verhouding se plato te sien as die volle potensiaal, wees kreatief en skep geleenthede en kontekste wat julle uitdaag om te waag, om te droom, om te spring! Onthou net - dit is nooit ooit gemaklik nie.

 

Francois Esterhuizen: Huweliksberading en terapie vir verhoudings - Stellenbosch. Huweliksvoorbereiding, huweliksverreiking, kursussue en werkswinkels vir verhoudings.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page