top of page

As jy die moer in is

"When we are no longer able to change a situation,

we are challenged to change ourselves."

- Viktor Fankl

Die bron van frustrasies

Om ontsteld te wees is iets wat jy voel wanneer jy koffie op jou klere mors of as jy 'n boete kry. Om die moer in te wees is iets wat jy voel teenoor die mense naaste aan jou. Jou partner kan met net een verkeerde sin of kyk maak dat jy gaan van 'n kalm, volwasse mens wat goeie rasionele besluite maak na 'n demoonbesete kryger wat nie net in staat is om slange te vang nie, maar wanneer die slange gevang is hulle te gebruik as ‘Chuka sticks’.

Of miskien is jy aan die ander kant van die spektrum en jy trek heeltemal in jou dop terug, sluk jou tong in en kry ernstige gehoorverlies. Of klim jy in die kar en ry? Of vertel jy vir jou kinders:"Nee, jou pa is weer..." of "Jou ma is mos..." Die mense vir wie ons die meeste omgee is dikwels ook die mense wat ons die meeste frustreer. Dit is dan maklik om te dink dat dit die ander persoon is wat moet verander. Dit is nie noodwending so nie. Jou frustrasies is joune. Dit is nie iets wat almal frustreer nie, dit frustreer jou. Ek weet dit is nie lekker om te hoor nie, maar dit is waar - die bron van die meeste van ons frustrsies lê in onsself. Daarom kan ons nie aandring daarop dat ons partners anders moet optree en dan vies raak vir hulle as dinge dieselfde bly nie. Ons moet bereid wees om te vra vir hulp met ons frustrasies.

In die woorde van 'n wyse spons:"No one can change a person, but can be a person's reason to change." - Spongebob Squarepants

Die moeiliker ding om te doen is om te vra: "Hoekom pla dit my?" Ek weet jy wil soos ek sê: "Want dit is nie reg nie!". En ja, soms is iets nie reg nie, maar die meeste frustrasies kom nie op reg en verkeerd neer nie.

Hier is die wrede waarheid: Dit is nie jou partner se gedrag wat jou ontstel nie, maar jou opinie oor die gedrag wat jou ontstel. Soek vir daardie dieper rede.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page