top of page

Ses Groot Vrae: 5.Hoe belangrik is geloof vir ons verhouding?


GOD EN GOM

Geloof in 'n verhouding werk soos gom. As jy twee planke aan mekaar wil plak gaan jy 'n dun lagie gom smeer en die planke styf teen mekaar druk. Jy gaan die spasie tussen hulle so klein as moontlik maak. As jy dit al gedoen het sou jy sien dat die ekstra gom uitpeul en daar net die nodigste dun lagie binne bly. Dit sal belaglik wees om die plank langs mekaar te sit en dan die spasie tussen hulle met gom te vul. Dit sal ook nie werk nie, maak nie saak hoeveel gom jy gebruik nie. Meer gom maak die plak nie beter nie - minder spasie doen wel!

Ongelukkig probeer gelowige couples dikwels die spasie tussen hulle vul met meer geloof of godsdiens of God. Meer bid of kerk of Bybelstudie, of net plein meer glo! (Gewoonlik deur gelowige stellings te maak soos:"God sal ons hierdeur help." Maar net soos met die plak van planke is die hoeveelheid geloof nie die probleem nie, maar eerder die grote van die spasie tussen hulle. Dit is waar dat sommige geloofspraktyke soos saam bid die potensiaal het om die spasie tussen mense kleiner te maak - maar dit is op sy eie te min. Dit is veel belangriker om aan julle direkte kommunikasie met mekaar aandag te gee of om gesonde gewoontes te kweek.

 

Francois Esterhuizen: Huweliksberading en terapie vir verhoudings - Stellenbosch. Huweliksvoorbereiding, huweliksverreiking, kursussue en werkswinkels vir verhoudings.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page