top of page

Ses Groot Vrae: 1.Hoekom gaan verliefheid verby?


Die eenvoudige antwoord is – sodat die realiteit van ware liefde kan begin.

Wanneer ons verlief is skei ons breine verskeie hormone af wat ons wonderlik laat voel en wat maak dat dit wat ons vir mekaar moet doen en gee maklik gebeur. Asof dit dan geen inspanning vra nie. Soos jy weet - dit bly nie so nie. Dieselfde dinge kan later onmoontlik voel om te doen.

Onthou jy toe jy leer fietry het. Wanneer jy leer fietsry het jy baie hulp. Training wheels, pa wat jou vorentoe stoot en vang as jy omval. Almal is opgewonde vir jou en ondersteun jou en is so trots op jou. Dit is fantasties! Die fase van verliefheid is so. Maar as jy nou nog met die training wheels sou fietsry? As jy vandag nog verwag dat almal dieselfde opgewondenheid moet wys oor jou fietryvaardighede? Hoe beter jy raak hoe minder is jy veronderstel om hierdie ekstras nodig te hê. Die probleem in verhoudings is dat ons nie die training wheels wil afhaal nie.

Toe jy klein was WOU jy beter raak sodat jy nie meer al die hulp nodig het nie. Ons sien nie verhoudings dieselfde nie - ons dink om met training wheels te ry is normaal en is soos dit moet wees. Wanneer die training wheels dan breek en afval is ons glad nie voorbereid nie. Ons val om!

 

Francois Esterhuizen: Huweliksberading en terapie vir verhoudings - Stellenbosch.

Huweliksvoorbereiding, huweliksverreiking, kursussue en werkswinkels vir verhoudings.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page