Die noodsaaklikheid van poligamie

October 10, 2016

 As jy al lankal hierdie artikels lees sal jy dalk hierdie een onthou. Dit is een van die
gesondste gewoontes wat gelukkige pare het en ek deel dit graag weer met julle...

Mense wat gelukkig getroud is trou nie net een keer nie. Hulle trou weer en weer.
Hulle trou nie net met die partner  wat maklik is om mee saam te leef nie, maar ook
met die een wat soms vol nonsens is en die een wat eers sigbaar word na jaar 3.
Hulle trou nie net met die persoon op wie hulle verlief geraak het nie, maar ook met
die een wat soms hulle liefde verwerp. Hulle trou met die dapper een en met die
lafaard. Soms is hierdie troues jare uitmekaar. 

Meneer Maugham stel dit so mooi:

Hierdie mense wat kies om weer en weer te trou en oor en oor nuwe commitments 
aan die nuwe partner te maak, is ook diep bewus dat hulle partners dieselfde moet
doen. By die tweede, derde en twintigste troue is daar nie noodwendig 'n groep
gaste om die seremonie waar te neem nie. Dit word nie deur iemand anders
gefasiliteer nie. Dit gebeur sommer in die kombuis of in 'n tent - dit het nie 'n
mooi venue nodig nie. Dit kos nie so baie geld nie, maar dit is baie duur in terme
van die inspanning wat dit dikwels vra.

Ou beloftes moet gebreek word om nuwes te kan maak. Onrealistiese verwagtinge
moet aangepas word om plek te maak vir die werklikheid. Daar moet konstant
aangepas word om te kan leer saam leef met die verandering.

Ek weet Charles het nie huwelike in gedagte gehad nie, maar dit is baie relevant:

So, vat 'n oomblik en dink terug aan wie julle was toe julle getrou het. Kyk na 'n foto
en onthou daardie man of daardie vrou. Dink aan al die ander mense wat jy intussen
in jou partner ontdek het en vra jouself of jy al getrou het met die spesifieke een. Dis
nog nie te laat nie...maak nie saak waar julle nou is nie.

 

Francois Esterhuizen: Huweliksberading en terapie vir verhoudings - Stellenbosch. Huweliksvoorbereiding, huweliksverreiking, kursussue en werkswinkels vir verhoudings. 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Featured Posts

Hoe om boeke te verteer

August 30, 2019

1/10
Please reload

Recent Posts