top of page

Ogies maak


Nee, ons is nie almal Brad Pitt nie - ons wil ook nie noodwendig wees nie. Maar ons almal was al verlief. Elkeen van ons het al iemand raakgesien wat ons twee keer laat kyk het. Sommige van ons het met daardie persoon getrou. Sommiges het weer van daardie persoon geskei. Vandag het almal van ons die uitdaging om ons sexy kyk af te stof en blink te vryf.

Hier is 'n manier om jou maat se oog te vang: Volgende keer wanneer julle byvoorbeeld by 'n partytjie of markie is - Staar na jou maat. Kyk net lank en glimlag. Gee die tipe glimlag wat sê:"Ek is so bly jy is in my lewe." Of jy nou Brad of Bean is, maak nie saak nie. Hier is die vereiste: Kyk lank genoeg vir jou maat om dit agter te kom - hou aan tot hy/sy dit besef - en glimlag net. So maklik. En die finale stap: Maak dit 'n gewoonte wat jy jou lewe lank doen.

 

Francois Esterhuizen: Huweliksberading en terapie vir verhoudings - Stellenbosch. Huweliksvoorbereiding, huweliksverreiking, kursussue en werkswinkels vir verhoudings.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page