top of page

Grap of Grou - wat is julle verstekposisie?


Elke couple het 'n natuurlike geneigheid om óf meer lig en laf óf meer ernstig en eerlik te wees. Ons hou van nature daarvan om óf oppervlakkig te wees en te grap en lag oor die lewe óf om diep te gaan en saam te grou vir die goud in ons verhouding. Vir sommiges van ons is daar 'n gemaklike en natuurlike balans, maar in my ervaring is dit 'n groot uitsondering! Nee, meestal is daar 'n wanbalans.

Die wanbalans kan dit moeilik maak om sonder spanning te lewe, omdat ons onbewustelik konstant moet beur teen dit. Daar is dus nie 'n toestand van balans wat ons elke nou en dan vind nie. Hierdie balans is die plek van rus vir jou verhouding. 'n Plek van net wees.

Hierdie klem op die een of die ander is 'n gewoonte en dit vat nie energie om daarheen te gaan nie. Die inspanning kom wanneer ons die balans probeer bou. Hier is kort toets om jou te help bepaal waar julle klem lê. Dit sal jou net vyf minute vat: Grap of Grou?

Gebruik van die vorige gewoonte idees om julle te help om die balans in julle verhouding te vind. Of skep julle eie nuwe rituele. Onthou dat dit wat natuurlik kom nie noodwendig van nature altyd goed gaan wees nie. Soms gaan julle moet kies om dit te doen wat aanvanklik erg onnatuurlik en selfs verkeerd of onnodig gaan voel. Hou moed. Dit word makliker en gemakliker met tyd en sal julle nader aan balans en nader aan mekaar bring.

 

Francois Esterhuizen: Huweliksberading en terapie vir verhoudings - Stellenbosch. Huweliksvoorbereiding, huweliksverreiking, kursussue en werkswinkels vir verhoudings.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page