top of page

Lees (vir) mekaar


Na verskeie weergawes van hierdie artikel het ek besluit om net een gewoonte in hierdie skrywe aan te spreek. Geen fone in die bed! Doen alles op jou foon voor jy in die bed klim. Kies saam 'n afsnytyd waarna julle nie meer op julle fone kyk nie. As daar ‘n TV in julle kamer is – haal dit uit! As julle flieks op die laptop in die bed kyk. Stop.

Probeer eerder die volgende. Net vir een week en kyk of dit waarde inhou vir julle verhouding. Maak nou planne om vanaand te begin!

  1. Lees ‘n boek saam. Elkeen kry ‘n kans om te lees al om die ander aand. Kies ‘n genre wat julle beide sal geniet.

  2. As jy skrikkerig is om 'n hele boek aan te pak. Lees interessante artikels saam. As julle altwee hou van reis - gebruik 'n WEG of 'n Traveler en lees saam daaruit.

  3. Google iets waaroor jy al gewonder het, print dit en lees dit hardop vir mekaar. (Vermy die versoeking om dit op 'n tablet of foon te doen - print dit eerder)

  4. Elkeen kry vier quotes om vir die ander een te lees

Daar is verskeie voordele aan hierdie aktiwiteit saam doen. Een wat blyk die grootste impak op verhoudings het, is die feit dat dit jou brein help om op nuwe maniere te dink – wat maak dat jy en dus julle oor ander dinge praat. Saam ontdek en verken julle dan nuwe onderwerpe en leer ander dele van mekaar ken en verstaan. Jy mag dalk verbaas wees oor jou partner se unieke sienings.

 

Francois Esterhuizen: Huweliksberading en terapie vir verhoudings - Stellenbosch. Huweliksvoorbereiding, huweliksverreiking, kursussue en werkswinkels vir verhoudings.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page