top of page

Naak en Naby - Deel 1

Romantiese liefde en vrees vir intimiteit

So, Valentynsdag is weer verby en die vraag bly steeds: Wat gebeur die maand na Valentynsdag? Maar daar is ander miskien meer dringende vrae wat hiermee verband hou: Is ek bang om naby aan my partner te wees? Hoekom? Wat kan ek doen om die vrees aan te spreek? Hoe kan ons met mekaar oor hierdie vrese praat?

Hierdie is groot en komplekse vrae en ek wil graag oor die voglende paar weke aandag gee aan die tema. So kom ons verken verder...

Eerstens wil ek romanse en intimiteit definieër as: 'n vreeslose fisiese en emosionele nabyheid aan 'n ander persoon. Dit is in 'n sekere sin oorvereenvoudig, maar vir die doel van hierdie gesprek heeltemal voldoende. As ons na die definisie kyk dan maak dit sin dat soveel couples 'n gebrek aan romanse voorhou as die rede vir hul egskeiding. Gebrek aan romanse beteken ook 'n gebrek aan intimiteit wat mense eensaam laat voel in hul verhoudings. Eensaamheid wanneer jy alleen is is erg, maar eensaamheid in jou verhouding is bitter swaar.

Vir enige van ons om te waag om nader aan 'n ander persoon te kom moet ons veilig voel. As ons werklik veilig voel vrees ons nie. Dit is hoekom ons in die verliefde (romantiese liefde) fase van verhoudings so gemaklik met intimiteit is. Ons is vreesloos en waag meer.

...maar daar kom 'n punt in enige verhouding wanneer die dwelms van romantiese liefde uitgewerk het en ons diep vrese vir intimiteit weer na die oppervlak kom...

Die beginsel is: Romanse skep veiligheid en veiligheid maak intimiteit moontlik. Daar is twee praktiese, maar veelsydige dele daaraan om romanse en dus veiligheid te skep en te behou in lang verhoudings. (Ons sal 'n volgende keer aandag gee aan die rede agter ons vrese.) Die eerste een, meestal relevant vir mans, maar nie uitsluitlik nie - is om jou partner spesiaal te laat voel. Dit gaan verskil van persoon tot persoon en kan algemene dinge soos blomme en romantiese etes insluit. Dit beteken egter veel eerder dat jy dit doen wat jou partner sonder twyfel laat weet hoe besonders sy is. Vertroetel en pamperlang haar met jou aandag. Wat maak haar uniek? Skryf dit neer en dink aan maniere om dit te celebrate.

Spesiaal voel = Veilig voel

Die tweede een, meestal relevant vir vrouens, maar nie uitsluitlik nie - is om jou partner bewonder te laat voel. Dit sluit algemene dinge soos prestasie by die werk in, maar gaan eerder oor karakter. Dit beteken dat jy dit raaksien wat waardig is van jou en die samelewing se respek en seker maak hy weet jy sien dit raak. Skryf die karaktereienskappe neer wat jy in jou partner bewonder en dink aan maniere om dit te wys en veral om dit te verwoord.

Bewonder voel = Veilig voel

 

Francois Esterhuizen: Huweliksberading en terapie vir verhoudings - Stellenbosch. Huweliksvoorbereiding, huweliksverreiking, kursussue en werkswinkels vir verhoudings.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page