top of page

Vasbeslote of hardkoppig


Versagtende ingesteldheid

Daar is in elke verhouding sekere sake of gedrag wat nou maar net die slegste in ons uitbring. 'n Sekere stemtoon, optrede wat herhaal, tipiese dinge wat jou partner doen. Soms sien jy dat dit oppad is om te gebeur en jy maak jouself al reg om jou top te blaas sodra...BOOOOM!

Van die dinge wat jou partner doen wat jou so erg ontstel het meer met jou hardkoppigheid te doen as met jou partner se gedrag. Jy het 'n hardkoppige siening oor 'n saak en niks en niemand sal jou anders kan oortuig nie. Alhoewel dit goed is om oortuigings te hê wat deel uitmaak van jou paradigma kan dit ook skadelik wees vir jou verhouding en keer op keer 'n potensiële nader-aan-mekaar-bring-oomblik saboteer.

Wat ek hiermee bedoel is dat ons manier van dink 'n effek het op hoe ons emosioneel sin maak van gebeure en optrede. Byvoorbeeld: "Mense wat lief is vir mekaar val mekaar nie in die rede nie, daarom sal ek 'n punt daarvan maak om uit te wys elke keer wanneer dit gebeur." of "Ek sal nooit vergeet van die dinge wat belangrik is vir my partner nie, daarom wil ek seker maak dat dit 'n groot storie is wanneer een van my afsprake of gebeure vergeet word." Dink aan die hardkoppige oortuigings wat agter die sabotasie van julle nabyheid sit. Skryf neer wat jy so styf aan vashou.Skryf drie van die dinge neer wat jou rooi laat sien. 1. 2. 3.

Kyk nou of jy dit kan versag deur jou eie siening aan te pas. Dink so daaroor: Wat as dit wetenskaplik bewys word dat jou partner nie die gedrag wat jou so boos maak kan verander nie - glad nie! Dit beteken dan dat hoe langer jy aan jou siening vashou hoe langer gaan die spesifieke saak 'n frustrasie veroorsaak. Hoe kan jy vasbeslote raak om jou hardkoppigheid te versag met 'n nuwe ingesteldheid? Hoe sal jy daardie oortuigings herskryf? Wat as jy glo dat in plaas van: "Mense wat lief is vir mekaar val mekaar nie in die rede nie, daarom sal ek 'n punt daarvan maak om uit te wys elke keer wanneer dit gebeur.", dat: "As my partner my in die rede val het dit nie te doen met hoe belangrik ek is nie, maar eerder met hoe maklik my partner opgewonde raak. Daarom kan ek eerder deel in die opwinding en dan weer terug kom na wat ek wou sê." Probeer dit vir een week. Jy sal verbaas wees oor hoe anders jy voel en optree, maar nog meer op jou partner se reaksie. Moenie toelaat dat jou opinies in sement gegiet word nie. Jy weet nooit wanneer dit jou kan onderkry nie.

 

Francois Esterhuizen: Huweliksberading en terapie vir verhoudings - Stellenbosch. Huweliksvoorbereiding, huweliksverreiking, kursussue en werkswinkels vir verhoudings.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page