top of page

Wie saak maak... en hoekom?


Ons almal word beïnvloed deur wat ander mense dink. Nie net wat hulle van ons of ons verhouding dink nie, maar ook net die besluite wat hulle maak op grond van hoe hulle oor die lewe dink. Daar is drie maniere om hierdie idee te benader (waar is jy?):

1. Ek gee te veel om wat ander mense dink Dit beteken gewoonlik ek het 'n eksterne lokus van beheer. Byna enige persoon wat my pad kruis kan my dag maak of breek. Ek heg onbewustelik dieselfde waarde aan wat 'n vreemdeling vir my sê as wat my partner sê. Ek voel nie dat ek 'n invloed op ander of omstandighede kan uitoefen nie. My verstek posisie is een van ander gelukkig probeer hou of maak dat hulle van my hou.

2. Ek gee te min om wat ander mense dink Dit beteken gewoonlik ek het 'n interne lokus van beheer, maar tot so 'n mate dat ek rigied is. Niemand se opinie of idees maak vir my genoeg saak dat ek my gedagtes of gedrag sal verander as gevolg daarvan nie. Ek heg onbewustelik net so min waarde aan my partner se opinie as die van 'n verkeerskonstabel - ek reageer dalk as ek in die moeilikheid sal kom andersins. My verstek posisie is dat ek ander en omstandighede probeer beïnvloed om my te pas.

3. Ek het 'n gesonde balans Ek kan die oorsaak en gevolg by mekaar uitbring. Wat mense sê, doen of dink is so vir 'n rede en die rede is relevant. Dit help my bepaal hoe ek moet reageer, al dan nie. op die manier onderskei ek wanneer ek invloed moet uitoefen en wanneer ek die invloed van ander moet toelaat. Ek plaas mense nader aan my hoër op in terme van invloed as mense verder weg. Ek weet dat dit nie gaan oor 'n regte en verkeerde manier nie, maar oor gesond en ongesond. Die belangrike vrae is: Wie se opinie is dit? Hoekom is dit hulle opinie? Verhoudings wat hierdie vrae gereeld vra is meer geneig om in balans te lewe en groei te beleef.

 

Francois Esterhuizen: Huweliksberading en terapie vir verhoudings - Stellenbosch. Huweliksvoorbereiding, huweliksverreiking, kursussue en werkswinkels vir verhoudings.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page