top of page

Hier is ek - Hier om te bly


As jy die eerste deel van hierdie nuusbrief gemis het lees: Hier is ek - waar is jy? Die week kyk ons na maniere om meer teenwoordig te wees (en te bly) in jou belangrikste verhoudings. Om jou verhouding te verlaat in slegte tye is 'n baie natuurlike en algemene ding om te doen. Tog is ons ook nie altyd teenwoordig in goeie tye nie. Ons het gekyk na van die maniere en geraak aan van die redes agter ons verdwyning. Hier is 'n paar maniere wat jou moontlik kan help om ten volle daar in die spasie saam met jou partner te wees.

Slegte tye: Daag op met leë hande As jou partner of julle verhouding deur 'n moeilike tyd gaan of swaar trek is dit selde jou raad en advies wat die verskil maak. Veral aanvanklik. As jy dan met jou arms en hande vol voorstelle en strategiese idees opdaag en jou partner reageer nie met dankbaarheid en opgewondenheid nie, is dit so maklik om dit persoonlik te vat. Om dan frustreerd of magteloos te voel en gevolglik eerder nie teenwoordig te wees nie. Dit gaan dan baie vinnig oor jou en nie meer oor jou partner nie. Daag eers op met leë hande, jou planne sal nie wegraak nie, so los dit eers eenkant. Met jou hande leeg kan jy die spasie net vashou vir jou partner en dit veilig maak vir die slegte en moeilke emosies om gevoel en verwoord te word. Hierdie subjektiewe saam-voel is moeiliker en meer kwesbaar om te doen as om objektief na die probleem te kyk en planne te beraam, maar dit maak dat jy teenwoordig is en eers net connect met jou partner. Dit spreek al vier van die maniere wat ons laas week bespreek het op een slag aan. Met leë hande is daar niks om jou aandag af te trek van die moeilike emosies nie. Jy word sigbaar vir jou partner en dit is meestal al wat nodig is - die versekering dat jy daar is. Die oogkontak. Die styf vashou.

Goeie tye: Hier is vir jou 'n groot geheim - slegte tye kom van self , goeie tye moet geskep word. Daag op met leë hande Wanneer julle iets lekkers of spesiaal saam doen. Maak seker jou hande is nie vol verantwoordelikhede nie (gewoonlik 'n "dringende" email op jou foon). Sit neer jou verantwoordelikhede en wees daar. Gebruik jou hande om die oomblik vas te vang en druk dit laat die sop spat! Daar is genoeg ernstig en swaar. Maak moeite om die lawwe en ligte tye te skep en wanneer dit aanbreek - gooi alles neer en stof jou hande af sodat jy kan vashou aan die skoonheid en vryheid van die oomblik. Lag so dat mense opkyk en moerig raak vir julle. Laat gaan van die gedagte dat jy of julle interessant, elegant, gesofistikeerd of cool moet lyk. Julle kan later weer so wees. aardie verantwoordelikhede sal nog daar wees more of Maandag of wanneer ookal. Jy kan nou maar net teenwoordig wees en weer kind wees. Hoe? Deur dit op die naam te noem en dan te laat gaan. Jy kan byvoorbeeld klippe optel en elkeen laat val soos jy name gee vir jou verantwoordelikhede of volwasse gedrag. "Die nuwe projek by die werk"...drop dit! "Die in-beheer-deel van myself"...Drop dit! Jy sal verbaas wees hoe vinnig jy sal glimlag. Enjoy!

Eeeeennnnn nog een...

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page