top of page

Sien my raak - Die teengif vir perfeksie


Laas week het ons geraak aan Die prys van perfeksie. Dat dit gewoonlik 'n poging is om nie sigbaar te wees nie. Die week wil ek graag 'n paar idees deel wat die versoeking tot oordadige selfstandigheid ("ek het niemand nodig nie") help oorkom. Ek onderstreep ook weer dat dit gaan oor die dapperheid om kwesbaar te kan wees. Elkeen van ons moet volkome kan voel op ons eie, maar ook kan intap en waardeer wat ons kan bereik en wees as deel van 'n span.

Hier is drie sinne wat jou kan help om meer kwesbaar te wees en ter selfde tyd meer van jouself vir jou maat te wys. Onthou dat dit steeds scary gaan wees, maar hierdie is praktiese maniere om in jou dapperheid te groei. Begin klein en bou dit geleidelik op.

"Ek is jammer..." Om jammer te sê het nie altyd te doen met verkeerd wees nie, maar ook die erkenning van die effek wat jou aksies om jou partner gehad het. Dit is moeilike emosies om te voel en nog meer om te wys.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page