top of page

Spesiale spasie


Om plek te maak

Ons almal hou 'n spesiale plek vir ons spesiale mens in ons harte. Die aard van hierdie spasie word deur ons gevoelens vir ons partner bepaal. Onthou jy hoeveel plek jy gemaak het toe jy smoor verlief was? Daar was nie eintlik plek vir ander mense nie en net-net plek vir slaap. (Nota: Moenie bekommerd wees as dit nie so vir julle was nie. Dit werk soms anders.)

Ons almal se partners doen dinge wat ons pla en frustreer. En dit het 'n effek op ons emosies. Hoe meer negatief die emosies hoe minder word die plek in die spesiale spasie. Dit kan ernstige skade aan 'n persoon doen en maak dat dit wat eers mooi en opwindend was, nou stukkend en oninteressant word. Meeste van ons was al aan altwee kante van hierdie proses. Dit is nooit goed vir die verhouding nie.

Hoe maak ek dan seker daar is altyd 'n groter-wordende, spesiale plek vir my partner? Fokus op wat jy wil meer van wil sien in jou verhouding. As jy dit doen sal joupartner die motivering en ruimte kry wat nodig is vir almal van ons om ons beste self te word. Hoe meer energie in die negatiewe ingaan hoe minder is oor vir die postitiewe. Kortliks...

Jou gevoelens volg jou fokus...

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page