top of page

Lief genoeg


Genoeg liefde

Omdat liefde nie iets is wat jy kan gee of ontvang nie (al dink ons so daaroor), is dit moeilik om te meet (al meet ons graag). Dit is nie 'n ding nie, dit is 'n doen. Dit is 'n werkwoord.

As ek jou sou vra hoeveel werk is genoeg om 'n muur te verf sal jy wil weet hoe groot die muur is, hoeveel lae verf ek wil hê, die kleur, ens. Op die ou end gaan die werk eers klaar wees as die muur klaar geverf is. Dan het jy genoeg aan die muur gewerk.

So, as liefde dan werk is, hoeveel liefde is genoeg liefde? En wanneer weet jy of jy lief genoeg is?

Jy weet jy het iemand WERKlik lief wanneer JOU liefde JOU verander.

Iemand wat altyd honger was vir meer word iemand wat soveel mooi gee...Liefde vir ander verander.

As daar nie meer werk nodig is om te doen vir jou groei en verbetering nie - DAN het jy genoeg liefde gegee. Tot dan? Hou aan...

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page