top of page

Liefde vir Foute - Redakteur en Redaktrise


Ons skryf ons lewensstories met potlood. Die liefde van ons geliefdes is die uitveër van ons foute. Geliefdes sluit ons ouers, familie en vriende in. Nie blind daarvoor of stom daaroor nie, maar aanvaardend van ons totale wese. Sodat ons maar net kan wees. Nie foutloos nie, maar vreesloos. Ons weet dat ons partners nie daar is om ons leemtes te vul en foute te fix nie. Maar... met liefde in ons lewens kan ons ons lewensverhaal met vertroue in die grys van potlood skryf. Nie reg of verkeerd nie - nie swart of wit nie - net veilig in die wete dat die mees kritiese leser ook ons grootste ondersteuner is.

Soms voel dit of jy in donker, dik, permanente pen skryf. Onthou dan: net omdat jy nie liefgehê voel nie... beteken nie dat jy nie liefhehê is nie

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page