top of page

Lewe voor dood


Die Grafsteensangers se hardste treffer is: Perspektief (nie beskikbaar op itunes). Min dinge gee perspektief soos lewe en dood. Dit laat jou dadelik besef wat regtig vir jou belangrik is. Die geboorte van 'n baba...die dood van 'n ouer. Dit is díe dinge wat ons wys waar ons fokus moet wees - watter rigting ons behoort te kyk. Al die nonsens wat ons aandag en energie verteer (sonder dat ons iets daarvoor kan wys) vervaag en skuif ver die agtergrond in. As jou oë weer aangepas het en jou fokus terug is op wat regtig vir jou saak maak, sal jy sien - voor jou staan daar mense. Jou mense. Jou mens. Kyk, luister, praat. Ruik, raak, proe. Die lewe is kort en kosbaar.

Hierdie mag dalk na baie vreemde verhoudingsraad klink, maar... Gaan stap die Sondag saam deur 'n begrafplaas en kyk na al die lewens wat verby is. Gesels oor die tipe lewe wat julle wil deel voor die dood.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page