top of page

Die ideale omstandighede vir jou verhouding


Probeer die volgende sinne voltooi: My verhouding floreer wanneer... Dink aan tye wat dit regtig goed gegaan het met julle en daar diep tevredenheid en konneksie was. My verhouding stagneer wanneer... Dink aan die kere wanneer jou verhouding net oorleef van dag tot dag. Wanneer dit afgeskeep word of as 'n gegewe hanteer word. My verhouding gaan agteruit wanneer... Wanneer voel jy dat julle uitmekaar dryf of mekaar verwyt en vermy? Om ernstig oor hierdie drie sinne te dink en eerlik te wees gaan jou help om beter keuse vir jou verhouding te maak. Om doelbewus die dinge te doen wat jou verhouding help om die beste te wees wat dit kan wees. Jy het beheer oor die omstandighede wat jy vir julle verhouding skep. Vat die verantwoordelikheid, praat met mekaar oor wat nodig is om julle verhouding te laat floreer en skep die roetines wat julle gaan help om gereeld daarby uit te kom. Julle gaan gewoontes ontdek wat nie goed is vir julle verhouding nie. Dit is ongemaklik om dit te ontdek en te erken, maar dit is al manier om die tyd te maak vir dit wat julle wil hê vir julle verhouding. As julle gewoontes is om elkeen maar net sy eie ding op die foon te doen na ete - praat oor maniere om die tyd te gebruik vir die skep van 'n atmosfeer wat julle verhouding kan baat. Julle verhouding is immers die ongemak en inspanning werd.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page