top of page

Wil jy reg of gelukkig wees?

Het jy al gevoel hoe leeg dit jou los as jy 'n argument met jou partner wen? As jy reg is. Dit gaan gewoonlik oor logiese afleidings en rasionele redenasies. Een van julle sal ook gewoonlik beter daarmee wees as die ander.

Daar is kere wat dit nodig is om logies en rasioneel te wees wanneer ons in konflik is, maar meeste van die tyd los dit niks op wanneer die 'feite' op die tafel is nie. Dit kan selfs die situasies vererger en meer spasie tussen julle skep. In 'n verhouding is die wen-en-verloor-, reg-en-verkeerd-benadering net 'n las op die konneksie tussen julle. Maak nie saak wie wen nie, die verhouding verloor altyd. Die enigste pad uit hierdie doolhof is die opregte poging om jou partner se kant die waarde te gee wat dit verdien deur met nuuskierigheid te luister. Probeer dit - dit is nie maklik nie, maar jy sal wel sien hoe julle minder oor onbenullighede vassit.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page