top of page

Ware respek

Om altyd reg te wees...om klaar te luister

Wees deeglik bewus van wat jy sê wanneer jy jou partner in die rede val. Buiten dit wat jy letterlik sê wanneer jy die onderbreking pleeg - wat dalk baie belangrik mag wees - is daar 'n string ander boodskappe wat jy ook stuur.

Die implikasies van jou onderbreking vir jou partner: Dit is nie noodwendig bedoeling nie, maar dit is minagtend. "Wat ek wil sê is so belangriker dat ek nie hoef te luister na die nonsens wat jy praat nie." "Jy is so ver verkeerd dat ek jou nie gaan toelaat om klaar te praat nie." "Wat jy sê gaan nie 'n punt hê nie." "Dit is nie vir my die moeite werd om te ontdek hoekom jy ontsteld is nie." Jy kan seker nog tien neerskryf. Dit gaan dikwels oor reg en verkeerd. Onthou dat wanneer net een persoon in 'n verhouding wen, verloor die verhouding gewoonlik.

Die implikasies van die onderbreking vir jou: Die onderbreking sê ook iets oor jou. "Ek is te onseker van myself." "Ek sien nie kans om te luister na iets wat dalk groei van my gaan vra nie." " 'n Verhouding gaan vir my oor reg en verkeerd, wen en verloor." "Ek kan jou nie laat wegkom met daardie sin nie!" As jy bietjie oplet sal jy begin agterkom wat jou motiverings is. Dit kan 'n groot geskenk wees vir julle verhouding om daaroor te praat, want dit het hou soms verband met ons vrese en emosionele wonde.

Die implikasies vir julle verhouding: Dit verklap ook iets oor die toestand van julle verhouding. Disrespek is nie iets om ligtelik op te neem nie. Dit is 'n simptoom van ernstige verval in 'n verhouding. Gee dadelik aandag daaraan. Sien 'n terapeut wat julle kan help om werklik te kommunikeer. Om minagtend op te tree teenoor jou maat doen skade aan jou partner, jou en aan julle verhouding. Dit gee ook die eerste bloudruk van kommunikasies vir julle kinders. NS: As jy dink jou partner moet hierdie dringend lees - vra jouself of die manier (nie eers die inhoud nie) wat jy met jou partner praat waardig van respek is.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page