top of page

"Ek waardeer jou."

Wat maak dat ons dit so maklik afskeep

Elkeen van ons het 'n behoefte om waardeer te word. Om te weet iemand sien raak wat jy doen - en soms ook die verrassing oor presies wat dit is wat raakgesien word. Dit lyk vir my of daar twee groot redes is waarom ons so vinnig vergeet om ons partner te waardeer.

Ons neem aan Ons raak ongelukkig baie vinnig gewoond aan die positiewe en mooi dinge. Soveel so dat ons dit as normaal aanvaar en gevolglik vergeet om dit te waardeer. Dit raak net "hoe dinge moet wees" en nie meer iets besonders nie. Dit maak dat daar eerder teleurstelling en frustrasie is as dit nie meer daar is nie.

Ons verwag meer en meer Daar is natuurlik nie fout daarmee om verwagtinge te hê nie. Mits dit gekommunikeer word. Maar hoe meer jy aanneem dat die goeie dinge maar net daar moet wees - hoe langer raak jou lys van verwagtinge. Hoe langer jou lys van verwagtinge word, hoe korter word jou lys van waarderings. Jy kan dit maar toets. As jy gereeld frustreerd voel met jou partner gaan skryf neer wat jy alles verwag en wat jy alles waardeer. Merk dan watter van die dinge op jou lys jy kommunikeer en dink ook oor hoe jy dit doen. Selfs wanneer jou lys van verwagtinge kort is, sal jou lys van waarderings korter wees.

Doen dit net! Hier is 'n paar maniere om waardering deel van jou verhouding te maak.

  • Doen dit gereeld - ek stel dikwels voor dat couples elke dag 12:00 vir mekaar 'n waardering SMS

  • Wees spesifiek - sê presies wat jy waardeer en wat jy daarmee bedoel. "Ek waardeer jou geduld. Jy gee nie om as ek soms lank vat om iets klaar te maak nie." of "Ek waardeer jou energie. Jy inspireer my om nuwe dinge aan te pak."

  • Maak 'n lys - van beide waarderings en verwagtinge. Brei jou waarderingslys uit en verkort jou lys van verwagtinge. Begin deur te kyk watter van jou verwagtinge waarderings kan wees.

  • Deel dit - sit in woorde dit wat jy waardeer. Al is dit moeilik en voel dit of jy dit nie reg sê nie.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page