top of page

Die onverwagte geskenk

Perfekte onvolmaaktheid

Die perfekte verhouding is die een wat onvolmaaktheid sien as 'n geleentheid en 'n uitnodiging.

Daar is minstens vier onvolmaakte dele aan 'n volmaakte verhouding. Dit is die mate waarin hierdie tekortkominge aangegryp word as geleenthede wat die verhouding gesonder en meer volmaak maak vir die twee van julle. Ek gee voobeelde van die groeigeleenthede opgesluit in elke imperfeksie.

1. Jou partner is nie perfek nie - Dit is gewoonlik die een onvolmaaktheid wat ons eerste besef. Dit nooi jou om te groei in begrip en vergifnis. Dit is gewoonlik juis die plekke waar jy die meeste frustrasie beleef wat die meeste groei nodig het – aangesien jou frustrasies meer oor jou gaan (Lees: As jy die moer in is).

2. Jou familie is nie perfek nie - Weereens sal meeste van ons nie verras wees oor die een nie. Dit nooi jou om te groei in selfgelding deur saam met jou partner perke en grense te stel vir die betrokkenheid van elkeen se familie - en om mekaar verantwoordbaar te hou vir die besluite wat julle gemaak het. Maklik nê!?

3. Die lewe is nie perfek nie. Dit nooi jou om saam met jou partner teenwoordig te wees in die taai tye. Wanneer jy dit doen sal jy dele in jou partner én in jouself ontdek wat jou sal verras en

inspireer. Die onvoorspelbare en soms oorweldigende kwaliteit van die lewe is baie moeilik om

te aanvaar. Dit herinner ons dat ons nie in beheer is nie - en ook nie kan wees nie.

Die laaste een is die moeilkste een om te aanvaar. Ons liefde vir ons partners maak dit so

moeilik. Maar dit is belangrik om te besef en te aanvaar dat: 4. Jy is nie perfek nie. Omdat jy lief is

vir jou partner is dit erg wanneer jou onvolmaaktheid seer veroorsaak. Dit nooi jou om kwesbaar te wees. Om al jou dele te wys. Meer nog, om toe te laat dat al hierdie dele van jou liefgehê word.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page