top of page

Ses Groot Vrae :6.Wat van geld?


WAARSKUWING! DIE INHOUD VAN HIERDIE ARTIKEL IS MAKLIK OM TE LEES EN ONTSAGLIK MOEILIK OM TOE TE PAS!

Wanneer dit kom by geld is die probleem nie wat ons weet nie, maar hoeveel ons doen van dit wat ons weet. Finansiële druk plaas onmiddelike en direkte druk op jou verhouding. Dit skep angs en hou jou gedagtes gevange. As jou gedagtes gevange gehou word (met ander woorde jy is occupied) is dit onmoontlik om teenwoordig in jou verhouding te wees.

Dink hieroor: 1. Weet jy/julle hoe lank dit sal vat om skuldvry te wees? Indien nie, beteken dit daar is nie 'n duidelike plan om van skuld ontslae te raak nie. 2. Weet jy hoeveel van jou geld waarheen gaan? Kies jy of wonder jy waarheen dit gaan? Dit kom neer op begroting. Stel een op wat skuldvry-wees as eerste fokus het en spaar/belegging as tweede. Onthou: 'n huis waarin jy bly is nie 'n bate nie (vergeet van Hoërskool Rekeningkunde). 'n Werklik bate bring geld in, anders tel dit as 'n las. 3. Net een kredietkaart (hou hom in die groen en gebruik jou debietkaart.) Knip die ander kerdietkaarte op, betaal so vinnig moontlik af en maak dit toe. 4. Hou op redes sien om uit te stel - soek eerder maniere om te begin met hierdie moeilike stappe. Moenie dat swak finansiële bestuur en besluite jou weerhou van 'n vol en ryk lewe nie.

Voor jy trou: 1. Hoeveel skuld bring elkeen na die huwelik? 2. Hoe groot deel van julle inkomste gaan aan die huis en huishouding gaan? 3. Konsolideer julle versekering en mediese fonds so gou moontlik en spaar die verskil.

'n Los gedagte: Ry 'n goedkoper kar - Dit is algemeen aanvaarbaar om 20% van jou salaris aan 'n karpaaiement te spandeer. Dit is te veel! As jy R40 000/maand verdien beteken dit dat meeste instansies vir jou 'n lening sal toestaan waar jou maandelikse paaiement dan R8 000/maand sal wees. Koop eerder 'n kar wat die helfte daarvan kos en betaal dit vinniger af.

 

Francois Esterhuizen: Huweliksberading en terapie vir verhoudings - Stellenbosch. Huweliksvoorbereiding, huweliksverreiking, kursussue en werkswinkels vir verhoudings.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page