top of page

Ses Groot Vrae :4.Hoe praat ek oor dinge wat my pla?


Oor die algemeen is pare in een van twee plekke wanneer dit gaan oor dinge wat pla. Of hulle is so versigtig om mekaar se gevoelens seer te maak dat nie een van hulle ooit oor dit praat wat hulle pla nie, of hulle is so sensitief dat hulle gereeld vassit en dit voel of die verhouding net die een probleem op die ander is. Die eerste een is gebasseer op hoop (Optimis):"Ek hoop jy kom self agter wat my pla en maak dit reg." Die ander is gebasseer op vrees (Pessimis):"Ek is bang dat jy nie gaan verstaan hoe erg dit vir my is nie - so ek wil dit so sterk as moontlik stel." Hoe vind mens die gesonde middeweg (Realis)?

Die groot fout is om dit wat jou pla te sien as kritiek. Met ander woorde: As ek sê wat my pla beteken dit ek kritiseer my maat of aan die ander kant: Dit is my maat se skuld en daarom kritiseer ek. Dus word daar nie frustrasies gedeel nie, maar eerder gekritiseer. Hier is die verskil: Frustrasie deel (Realis): "Dit het my gepla toe jy nie laat weet het dat jy gaan laat wees nie. Dit is iets waaroor ons ooreengekom het en ek het bekommerd geraak toe ek niks van jou hoor nie." Steek dit weg (Optimis): "Nee, dis fine. Ek gee nie om om te wag nie." (Terwyl dit jou eintlik pla en dit subtiel in jou lyftaal sigbaar raak) Krities wees (Pessimis): "Jy dink net aan jouself. Vir jou is dit mos te veel moeite om net te laat weet dat jy gaan laat wees. Dink net vir 'n slag verder." As 'n Realis fokus jy op die kwessie en die effek wat dit op jou het, terwyl beide die Optimis en die Pessimis die fokus op die ander sit:- jou maat moet die self raaksien en regmaak (Optimis) of jou maat is die probleem (Pessimis).

Vir jou verhouding om gesond te wees is dit nodig om beide die positiewe en die negatiewe te erken as deel van julle, maar dan op 'n realistiese manier daaroor te praat sodat dit deel word van die energie wat julle verhouding aan die gang hou.

 

Francois Esterhuizen: Huweliksberading en terapie vir verhoudings - Stellenbosch. Huweliksvoorbereiding, huweliksverreiking, kursussue en werkswinkels vir verhoudings.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page