top of page

Ses Groot Vrae: 2.Moet liefde sulke harde werk wees?


Moet liefde sulke harde werk wees... of is dit 'n teken dat ek met verkeerde persoon getrou het? Die eenvoudige antwoord is – Ja en nee. Ja, dit is harde werk en nee, dit beteken nie dat jy met verkeerde persoon getrou het nie. Ek wil graag bou op die fietsry metafoor van laas week. Verhoudings vra fiksheid. Om fiks te word vra inspanning.

Ons verhoudings maak baie dele van die lewe vir ons makliker. Dit is die moeitelose momentum en spoed van afdraande met jou fiets ry. Wie geniet nie 'n stukkie downhill nie? Maar, alhoewel dit nie inspannig van jou vra nie - vra dit iets van jou verhouding. Dit is eenvoudig onrealisties om te dink dat jou verhouding net uit afdraandes moet bestaan. Hoe meer jy uit die verhouding haal hoe styler sal die opdraand wees om weer dieselfde hoogte te kan bereik - PLUS dit gaan veel stadiger met opdraandes as afdraandes. Een minuut af = tien minute op vir baie styl bulte en twee minute op vir minder styl bulte. As jy weier om bulte te trap sal jou verhouding in die vallei van verveeldheid beland. Hoe langer julle daar bly hoe meer onfiks sal julle word en hoe harder sal die pad terug wees. Daar is nie verskriklik baie geleenthede of tye in ‘n verhouding waar jy niks hoef in te sit nie. Jy kan die afdraandes geniet, maar maak seker jy bou momentum op vir die volgende bult en wanneer die pad gelyk is kan jy nie heeltemal ophou trap nie. Bulte is deel van verhoudings. Bult op = jy belê in jou verhouding – jy doen die dinge wat inspanning vra, maar in die langtermyn tot jou voordeel gaan wees. Bult af = jy gebruik jou belegging.

 

Francois Esterhuizen: Huweliksberading en terapie vir verhoudings - Stellenbosch. Huweliksvoorbereiding, huweliksverreiking, kursussue en werkswinkels vir verhoudings.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page