top of page

Hoe om jouself reg te groet


Totsiens Om al hierdie nuwe gewoontes geleidelik deel te maak van julle verhouding beteken ook dat jy moet totsiens sê vir 'n paar ander. Vandag se gewoonte gaan spesifiek daaroor om totsiens te sê vir die manier wat jy jou partner sien en wat jy dan voel oor wat jy sien.

Negatief Die eerste een is die fokus op die foute (volgens jou) wat jou maat maak ,asook die eienskappe wat jou maat het wat jou pla. Dit raak 'n filter wat maak dat jy onbewustelik soek vir die dinge en dan natuurlik ontsteld raak daaroor. Dan, wanneer jy ontsteld is verwag jy van jou maat om dan ook op 'n spesifieke manier te reageer. Indien dit nie gebeur dan raak jy nog meer ontsteld. Probeer die volgende sin: "Ek wil totsiens sê vir my siening van jou as...(negatiewe gedrag of eienskap), wat maak dat ek...(negatiewe emosie) voel en dan...(jou negatiewe gedrag). Ek sê ook totsiens vir my verwagting dat jy dan...(die onrealistiese verwagting wat jy het dat jou maat dit sal reg stel)" Hier is 'n voorbeeld: "Ek wil totsiens sê vir my siening van jou as verstrooid en vergeetagtig wat maak dat ek afgeskeep en onbelangrik voel en dan kort af en ongeduldig met jou is. Ek sê ook totsiens vir my verwagting dat jy dan sal uitreik na my en wil uitvind wat my pla." As jy mooi dink behoort jy 'n paar sulke patrone te kan raaksien. Jy mag dalk voel dat jou maat moet verander, maar groet jou siening en persepsie van jou maat en kyk hoe vry jy dan voel.

Positief Die tweede persepsie wat jy moet groet is die positewe sieninge van jou maat en die onrealistiese verwagtinge wat jy daaraan koppel. Dit lei weer tot teleurstelling en negatiewe reaksie. Byvoorbeeld: "Ek wil totsiens sê vir my siening van jou as sag en versorgend, wat maak dat ek verwag dat jy my behoeftes bo jou eie sal stel. Ek sê ook totsiens vir my reaktiewe gedrag wanneer jy dit dan nie doen nie, naamlik - ek noem jou selfsugtig en ontrek van jou."

Verantwoordelikheid en waarheid Om so eerlik met jouself en met jou maat te wees is nie maklik nie. Dit vra dat jy verantwoordelkheid vat vir jou aandeel in julle konflik en hartseer, maar ook jou eie versorging en groei. Dit vra dat jy by jouself begin eerder as om jou maat te blameer.

 

Francois Esterhuizen: Huweliksberading en terapie vir verhoudings - Stellenbosch. Huweliksvoorbereiding, huweliksverreiking, kursussue en werkswinkels vir verhoudings.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page