top of page

Die noodsaaklikheid van poligamie

As jy al lankal hierdie artikels lees sal jy dalk hierdie een onthou. Dit is een van die gesondste gewoontes wat gelukkige pare het en ek deel dit graag weer met julle...

Mense wat gelukkig getroud is trou nie net een keer nie. Hulle trou weer en weer. Hulle trou nie net met die partner wat maklik is om mee saam te leef nie, maar ook met die een wat soms vol nonsens is en die een wat eers sigbaar word na jaar 3. Hulle trou nie net met die persoon op wie hulle verlief geraak het nie, maar ook met die een wat soms hulle liefde verwerp. Hulle trou met die dapper een en met die lafaard. Soms is hierdie troues jare uitmekaar. Meneer Maugham stel dit so mooi:

Hierdie mense wat kies om weer en weer te trou en oor en oor nuwe commitments aan die nuwe partner te maak, is ook diep bewus dat hulle partners dieselfde moet doen. By die tweede, derde en twintigste troue is daar nie noodwendig 'n groep gaste om die seremonie waar te neem nie. Dit word nie deur iemand anders gefasiliteer nie. Dit gebeur sommer in die kombuis of in 'n tent - dit het nie 'n mooi venue nodig nie. Dit kos nie so baie geld nie, maar dit is baie duur in terme van die inspanning wat dit dikwels vra. Ou beloftes moet gebreek word om nuwes te kan maak. Onrealistiese verwagtinge moet aangepas word om plek te maak vir die werklikheid. Daar moet konstant aangepas word om te kan leer saam leef met die verandering. Ek weet Charles het nie huwelike in gedagte gehad nie, maar dit is baie relevant:

So, vat 'n oomblik en dink terug aan wie julle was toe julle getrou het. Kyk na 'n foto en onthou daardie man of daardie vrou. Dink aan al die ander mense wat jy intussen in jou partner ontdek het en vra jouself of jy al getrou het met die spesifieke een. Dis nog nie te laat nie...maak nie saak waar julle nou is nie.

 

Francois Esterhuizen: Huweliksberading en terapie vir verhoudings - Stellenbosch. Huweliksvoorbereiding, huweliksverreiking, kursussue en werkswinkels vir verhoudings.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page