top of page

Vra is vry

Nuuskierigheid

As jy al ooit ge-scuba het of selfs net gesnorkel het weet jy hoeveel verrassings daar onder die oppervlak is. Die see is alreeds mooi en goed vir ons siel, maar onder die oppervlak is daar meer om te sien en te ontdek. Jou partner is net so...

Elke couple het gesprekke wat gewoonlik 'n sekere struktuur volg. Dit is normaal en daar is niks daarmee verkeerd nie - we are creatures of habit after all! Hoe meer jy sekere gedrag herhaal hoe dieper word dit in jou brein in programeer en hoe moeiliker is dit om anders op te tree. Gooi dus 'n spanner in die wiel elke nou en dan om dinge interessant te hou en jou verhouding aan die groei. Om oor admin te praat is gewoonlik nie gevul met nie. Tog maak dit 'n groot deel van die dag tot dag gesprek van couples uit. Reëlings en skedules wat oor en weer gedeel en aangepas moet word en familie-kuiers wat onderhandel moet word.

Sien hierdie gewoontes dus as fun. 'n Manier om al die wonderlike dinge onder die oppervlak raak te sien. Dit is nodig om uit die struktuur te breek deur vrae te vra wat jy andersins nie aan sou dink nie. Dit beteken dat jy jouself moet dwing om jou nuuskeirigheid oor jou partner verder te vat. Hier is 'n paar voorbeelde om jou gedagtes aan die gang te kry. Om julle tehelp om hierdie lig en fun te hou gee eerlike, uit-die-heup-skiet-antwoorde en geniet net dat dit julle op ander maniere laat dink en oor ander dinge laat praat.

Gooi 'n paar nuwe idees rond!

Vra elke dag vir die volgende week 3 lawwe vrae. Hier is 'n paar voorbeelde: Wat sal jy eerder wil wees... Iemand met geen persoonlikheid, maar 'n onweerstaanbare mooi stem of die wêreld se beste persoonlikheid hê, maar 'n stem soos naels op 'n swartbord. 'n Beer vasgevang in 'n mens se liggaam of 'n mens vasgevang in beer sin? (Soos in die fliek - Brave) Iemand wat maklik aan die slaap raak maar baie deurmekaar wakker word of iemand wat moeilik aan die slaap raak, maar net 3 ure slaap nodig het. Iemand wat perfekte engels praat met Zuma se aksent of bitter slegte engels met 'n perfekte Britse aksent. Natuurlik fiks maar bitter swak of natuurlik sterk maar erg onfiks. Hierdie is fun om uit te dink ook, so maak jou eie op! Ander vrae: Hoe sal skool vir jou anders wees as jy kon teruggaan met wat jy nou weet? Wat sou jy anders doen? As jy 'n wêreldkampioen in 'n sport kon wees - watter sport en hoekom? Jy kry een wens om jouself mee te verbeter - Watter een eienskap sal jy kies om te verander?

 

Francois Esterhuizen: Huweliksberading en terapie vir verhoudings - Stellenbosch. Huweliksvoorbereiding, huweliksverreiking, kursussue en werkswinkels vir verhoudings.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page