top of page

Naak en Naby -Deel 2


Vreeslike versorging

Wat sit agter ons vrees vir intimiteit? Waar kom die vrese vandaan en waarvoor is ons dan eintlik bang? Ek wil weer probeer om dinge so eenvoudig as moontlik uit een te sit sonder om weg te neem van die kompleksiteit van die kwessie. Daarom gaan ons raak aan die rol van ons versorging as kinders en die effek wat dit op ons persepsie van intimiteit kan hê.

Oorbetrokke ouers

Vrees om ingesluk te word

Jou vrees vir intimiteit kan gedryf word deur 'n vrees dat jy jou outonomie sal verloor as jy jou partner te naby laat kom. Dat die verhouding jou versmoor sal laat voel. Dat jou partner se behoeftes en bepalings (net soos jou ouers sin) swaarder sal weeg as jou eie. Dat jy jouself sal verloor deur te naby te kom. Andersins of boonop kan dit die gevoel skep dat jou behoeftes, opinies of emosies sleg is, omdat dit moeilikheid veroorsaak as jy dit op enige manier bekend maak. As jou partner dus te naby kom sal dit sigbaar raak en dit is waarvoor jy skerm deur 'n afstand te skep tussen julle twee. Jou vrees is vir verwerping. Jy skep die afstand deur nie enige deel van jou binne-wêreld te deel nie. Jou partner voel dikwels dat hy/sy jou nie ken nie.

Hier is tekens dat jou ouers moontlik oorbetrokke was/is:

  • As hulle nie op 'n stadium jou al meer vryheid gegee het om jou eie keuses te maak nie...

  • As jou privaatheid nie gerespekteer is nie...

  • As jou vermoë om goeie besluite te neem konstant in twyfel getrek is...

  • As jou selfgelding hulle ontstel het en jou laat voel het dat jy hulle teleurstel...

  • As jou aksies blyk om die hele atmosfeer in die huis te bepaal...goed of sleg...

  • As hulle meer sê gehad het oor jou troudag as jy/julle...

  • As hulle steeds bepaal hoe jou huishouding behoort te funksioneer...

Indien bogenoemde 'n merkwaardige deel van jou verhouding met jou ouers uitmaak is dit tyd om jouself te herontdek deur te onthou en neer te skryf wat jou behoeftes, opinies en emosies is. Dit sal jou help om dit met jou partner te deel en om te bepaal watter grense jy met jou ouers kan instel om geleidelik veiliger te voel met intimiteit. Baie belangrik is om te besef dat jou ouers nie noodwendig positief gaan reageer as jy skielik nie meer toelaat dat jou ma julle huis herrangskik of jou pa julle versekering reël nie. Jou partner gaan 'n baie goeie bepaling kan maak van watter areas minder van hulle betrokkenheid moet kry. Dit kan vir jou 'n groot hulp wees. Moenie huiwer om daarop staat te maak nie.

NB: Die punt is nie om jou ouers sleg te maak of te fokus op wat hulle verkeerd doen nie, maar eerder om te verstaan watter effek dit op jou en gevolglik jou verhouding het. Ouers doen die beste wat hulle kan met die kennis wat hulle het, maar wanneer ouers nie bereid is om saam met hul kinders te groei te leer nie word hul eie issues 'n struikelblok vir hul kinders.

 

Francois Esterhuizen: Huweliksberading en terapie vir verhoudings - Stellenbosch. Huweliksvoorbereiding, huweliksverreiking, kursussue en werkswinkels vir verhoudings.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page