top of page

Sien my raak - Die prys van perfeksie


Om perfek te wil wees of om voor te gee dat jy perfek is kos 'n verhouding baie. Op die ou end is daar net een rede hoekom soveel van ons dit probeer doen. Dit is vrees. Spesifiek vrees vir sigbaarheid. Om regtig gesien te word met jou vrese en foute en meer nog vir jou skoonheid en jou mooi. Dit wat jou uniek en besonders maak. Ja, om toe te laat dat iemand jou werklik en volkome sien is scary. Dit is ironies dat ons sal wegskram van sigbaarheid deur selfs ons mooi dele uit die kollig te hou. Komplimente word met 'n laggie afgemaak en kritiek word met 'n vergrootglas ondersoek. Een ding is vir my duidelik: Perfeksie is onsigbaarheid. Perfeksie maak jou blind en doof EN dors vir liefde. Die mees algemene vorm wat ons pogings tot perfeksie aanneem is volkome selfstandigheid - "ek het niemand nodig nie". Terwyl dit verseker belangrik is om 'n mens in jou eie reg te wees en nie iemand anders te gebruik om jou selfwaarde te gee nie, is ons eenvoudig gemaak om interafhanklik te wees. Dit beteken dat ons soms dinge moet waag al is dit scary, want dit is die dinge wat ons uit kwesbaarheid doen wat ons die meeste sigbaar maak. En as ons so raakgesien word voel ons die meeste liefde en aanvaarding. Volgende week kyk ons na maniere om perfeksie en onsigbaarheid te vermy.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page