top of page

Leemtes vul en foute fix


Spieëls en spanners

Jou partner is nie daar om 'n leemte in jou lewe te vul nie - maar kan wel 'n rol speel om jou te help om jou potensiaal te vervul. Hoe? Wel, deur eerstens nie te probeer om leemtes in jou lewe te vul nie - om jou nie te probeer fix nie. Dit sit die verantwoordelikheid terug in jou hande. Dit gee jou 'n spieël eerder as 'n spanner. Jou partner kan jou nie fix nie. En..EN..jy...jy kan nie jou partner fix nie. (Meer oor potensiaal leef 'n volgende keer)

In verhoudings speel ons verskeie rolle vir mekaar. Die belangrikste en nodigste een is die rol van 'n spieël. Om jou te help om jouself beter te sien. Dit help nie om 'n spieël te kritiseer of te blameer vir wat dit vir jou wys nie. Dit wys jou net die realitiet - goed of sleg. Die realiteit verander ook nie as jy die spieël vermy nie. Die spieël lewer nie kommentaar op wat dit reflekteer nie. Die goed of sleg sal deur jou bepaal word. Wat jy gaan doen met wat jy sien - dit is in jou hande. Hoe reageer jy op die refleksie wat jou partner vir jou wys? Kritiseer jy die spieël of vermy jy die spieël?

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page