top of page

Die wysheid van konflik


Ontgin die goud in julle gestryery

Konflik is inligting. Dit is nie iets om te vermy nie. Dit is nie 'n teken van 'n ongesonde verhouding nie. Dit beteken nie dat julle nie lief is vir mekaar nie. Dit is inligting oor julle diepste begeertes en grootste wense. Soms is jy self nie eers bewus van wat die konflik in jou verhouding vir jou oor jouself probeer leer nie. Konflik is 'n skat - dit is goud. Die vraag is: Ontgin julle dit? Of herhaal julle dieselfde geveg weer en weer? Hier is van die gereedskap wat julle mag nodig hê:

Nuuskierigheid: Hoekom het ons hierdie geveg oor en oor? Onthou die antwoord is nie: "My partner wil nie regkom nie!". Eers as julle dié vraag kan antwoord kan julle begin om die groei en genesing wat in die konflik vir julle opgesluit is te ontgin.

Ontdekkings: Anders as afleidings en aannames oor jou partner vra hierdie dat julle by die punt kom om te sê:"Híérdie gaan eintlik dáároor." Byvoorbeeld - "Jou frustrasie met my wat laat by die huis kom, gaan eintlik daaroor dat jy onbelangrik voel. Veral omdat ek jou nie eers laat weet dat ek gaan laat wees nie."

Eksperimenteer: Begin met nuwe gedrag en nuwe maniere van dinge doen. Weet vooraf dat die nuwe gedrag soms baie ongemaklik en onnatuurlik gaan voel. Doen dit in elk geval. Tree anders op - nie net in die situasies nie, maar ook vooraf. Wat die spesifieke gedrag moet wees sal bepaal word deur wat julle ontdek het - "Laat weet dat jy gaan laat wees en sê hoekom. Dit sal my belangrik laat voel, omdat ek weet jy dink aan my en neem my in ag."

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page