top of page

Hou'iteg

Die regte ding en die egte ding

In verhoudings is die versoeking dikwels daar om die regte ding te probeer doen. Dit het gewoonlik nie die gewensde effek nie. Of dit werk vir 'n rukkie en dan bom dit heeltemal uit. Wat ek met 'regte ding' bedoel is - wanneer ons iets sê ef doen omdat ons dink dit sal ons partner se gevoelens spaar. Of ons dink dat hulle meer van ons sal hou as ons eerder sus of so is. Of ons doen dit uit vrees vir hoe ons dink hulle gaan reageer - om konflik te vermy. Dit is normaal om te doen in die verliefde fase van ons verhouding, maar wanneer 'n verhouding verby net maanskyn en rose gegroei het (ja, gegroei het) dan raak dit 'n bedreiging vir die vehouding. Iewers moet ons veilig genoeg voel in ons verhoudings om ons volle en ware self te laat sien - reg of verkeerd. Om eg te wees. Om ten volle teenwoordig te wees.

Wanneer dit by verhoudings kom is die onopregte ding nooit die regte ding nie - maak nie saak wat die motiewe is nie.

Beteken dit dan dat ek kan sê en doen wat ek wil, wanneer ek wil en hoe ek wil solank dit ek opreg is? Nee, jy moet kan sê wat jy nodig het om te sê, maar die wanneer en die hoe is 'n vermoë wat tyd vat om te leer. Dit kom nie net van self nie - dit is nie natuurlik nie. Ons moet dit oefen.

Om eg te wees is nie maklik nie. Dit vra dat jy soms die risiko vat om verkeerd verstaan te word. Dit is 'n proses wat beide in die verhouding vra om te groei. Om te kan deel en om te kan hoor.

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page