top of page
Image by Christin Hume
Gesonde kommunikasie kan en moet geleer word

Stop konflik

Sien mekaar

Voel gehoor

In so min as 6 ure (4 sessies)
Die lewe is te kort om toe te laat dat dieselfde konflik nog 'n kosbare oomblik saboteer.
Is jy moeg om te baklei oor dieselfde dinge?
Voel dit of julle mekaar nie verstaan nie?
Het jy al jou bes probeer om dinge beter te maak en dan misluk dit in elk geval? 

Die egskeidingsyfer in Suid-Afrika is meer as 50%. Sielkundiges en pastorale berading het soveel paartjies in die steek gelaat.

 

Niemand het ons regtig geleer hoe om konflik te hanteer nie - ons veg of ons vermy dit oor en oor. Dit laat ons voel dat ons te veel van mekaar verskil om gelukkig te kan wees. Dit laat ons optree soos mense wat ons nie wil wees nie.


Die fokus moet nie wees op wat verkeerd is met jou nie, maar op die gereedskap en vaardighede wat julle moet bemeester. Hoe om werklik te kommunikeer en deur te dring tot mekaar.


Om te wag en te hoop dat dinge verander, is duur. Dit eis 'n tol op die hele gesin en egskeiding laat mense emosioneel en finansieel gedreineer.


Julle het alles om te wen deur te belê in kommunikasievaardighede.

Dit is nie nodig om alles onder die mat in te vee en te hoop vir die beste nie.

Hoeveel sessies moet ons doen?

Meeste pare sien massiewe resultate na 4 sessies, maar dit is veilig om te begroot vir 6 na 10 sessies.

bottom of page