Hierdie is 'n kunsstuk van vanjaar se Burning man festival.

Ek weet nie wat dit genoem is nie, maar "Wired for connection" het by my opgekom. Ek het niks meer om by te voeg nie - vat vyf minute en kyk net...

Laas week het ons geraak aan Die prys van perfeksie. Dat dit gewoonlik 'n poging is om nie sigbaar te wees nie. Die week wil ek graag 'n paar idees deel wat die versoeking tot oordadige selfstandigheid ("ek het niemand nodig nie") help oorkom. Ek onderstreep ook weer d...

Om perfek te wil wees of om voor te gee dat jy perfek is kos 'n verhouding baie. Op die ou end is daar net een rede hoekom soveel van ons dit probeer doen. Dit is vrees. Spesifiek vrees vir sigbaarheid. Om regtig gesien te word met jou vrese en foute en meer nog vir jo...

Om plek te maak

Ons almal hou 'n spesiale plek vir ons spesiale mens in ons harte. Die aard van hierdie spasie word deur ons gevoelens vir ons partner bepaal. Onthou jy hoeveel plek jy gemaak het toe jy smoor verlief was? Daar was nie eintlik plek vir ander mense nie en...

Genoeg liefde

Omdat liefde nie iets is wat jy kan gee of ontvang nie (al dink ons so daaroor), is dit moeilik om te meet (al meet ons graag). Dit is nie 'n ding nie, dit is 'n doen. Dit is 'n werkwoord.

As ek jou sou vra hoeveel werk is genoeg om 'n muur te verf sal jy w...

Wat jy wens en wat jy wil

Onthou jy hoe baie jy aan die begin oor julle verhouding gedagdroom het? Onthou jy hoe opgewonde jy geraak het oor wat die toekoms alles vir julle inhou? Besef jy dat wat toe die toekoms was is nou die hede? Leef julle die drome wat julle gehad...

Ons skryf ons lewensstories met potlood. Die liefde van ons geliefdes is die uitveër van ons foute. Geliefdes sluit ons ouers, familie en vriende in. Nie blind daarvoor of stom daaroor nie, maar aanvaardend van ons totale wese. Sodat ons maar net kan wees. Nie foutloos...

Pyn in hierdie lewe is noodwendig. Nie een van ons kan dit vryspring nie. Dit is ons bekendste reisgenoot deur die lewe. Wie in hierdie lewe het nog nie verwerping, eensaamheid of verlatenheid beleef nie? Wie ken nie teleurstelling of vernedering nie? Ons weet dat pyn...

Die Grafsteensangers se hardste treffer is: Perspektief (nie beskikbaar op itunes).
Min dinge gee perspektief soos lewe en dood. Dit laat jou dadelik besef wat regtig vir jou belangrik is. Die geboorte van 'n baba...die dood van 'n ouer. 

Dit is díe dinge wat ons wys...

Ontgin die goud in julle gestryery

Konflik is inligting. Dit is nie iets om te vermy nie. Dit is nie 'n teken van 'n ongesonde verhouding nie. Dit beteken nie dat julle nie lief is vir mekaar nie. Dit is inligting oor julle diepste begeertes en grootste wense. Soms is j...

Spieëls en spanners

Jou partner is nie daar om 'n leemte in jou lewe te vul nie -  maar kan wel 'n rol speel om jou te help om  jou potensiaal te vervul. Hoe? Wel, deur eerstens nie te probeer om leemtes in jou lewe te vul nie - om jou nie te probeer fix nie. Dit sit di...

Probeer die volgende sinne voltooi:

My verhouding floreer wanneer...
Dink aan tye wat dit regtig goed gegaan het met julle en daar diep tevredenheid en konneksie was.

My verhouding stagneer wanneer...
Dink aan die kere wanneer jou verhouding net oorleef van dag tot d...

Het jy al gevoel hoe leeg dit jou los as jy 'n argument met jou partner wen? As jy reg is. Dit gaan gewoonlik oor logiese afleidings en rasionele redenasies. Een van julle sal ook gewoonlik beter daarmee wees as die ander. 

Daar is kere wat dit nodig is om logies en ras...

Om altyd reg te wees...om klaar te luister

Wees deeglik bewus van wat jy sê wanneer jy jou partner in die rede val. Buiten dit wat jy letterlik sê wanneer jy die onderbreking pleeg - wat dalk baie belangrik mag wees - is daar 'n string ander boodskappe wat jy ook stuur.

...

Perfekte onvolmaaktheid

Die perfekte verhouding is die een wat onvolmaaktheid sien as 'n geleentheid en 'n uitnodiging. 

Daar is minstens vier onvolmaakte dele aan 'n volmaakte verhouding. Dit is die mate waarin hierdie tekortkominge aangegryp word as geleenthede wat die...