Search

Die verhoudingslandmyn

"Wat is fout?" As jy al dié vraag gevra het dan ken jy ook seker díé antwoord: Hoekom lok so 'n eenvoudige en onskuldige vraag soms so 'n groot reaksie uit? Ek het al soveel keer gehoor hoe mense (ek ook) hieroor kla met iets soos: "Ek kan sien iets is fout, maar as ek vra dan hoor ek net - 'Niks nie!'." Hier is die geheim: Om te vra: "Wat is fout?" is 'n fout. Om te verduidelik wat ek bedoel kom ons kyk gou na wat die woord fout beteken. 'n Onaantreklike of onbevredigende eienskap, veral in werk wat gedoen word of in 'n persoon se karakter. "My ergste fout is ongeduld" 'n Verkeerde of gevaarlike aksie of gewoonte. "Dit is die groot fout van ons taakspan - dat elkeen net op homself fok