Search

Verhoudings: Gee name aan jou emosies

Wanneer gebare- en lyftaal nie genoeg is nie Net soos dit jou verantwoordelikheid is om jou behoeftes te kommunikeer is dit ook jou verantwoordelikheid om jou emosies te kommunikeer. Ons almal het 'n default wanneer dit by emosies kom. Ons het sekere fisiese maniere wat wys hoe ons voel. Sommige mense se fisiese tekens is baie duidelik en groot, maar ander sin is weer meer subtiel. Dit is 'n tema vir 'n ander dag. Die punt van die stuk is dat dit op die ou-end nie genoeg is om net met ons fisiese defaults te kommunikeer nie. Buiten die moed wat dit vat om jou emosies te kommunikeer is dit ook belangrik om eers self te verstaan wat jy voel. Ons is baie beperk in die opsig. Ons verval gans te

Die noodsaaklikheid van poligamie

Om weer te trou Mense wat gelukkig getroud is trou nie net een keer nie. Hulle trou weer en weer. Hulle trou nie net met die persoon wat maklik is om mee saam te leef nie, maar ook met die een wat soms vol nonsens is en die moeilike een wat eers sigbaar word na die derde huweliksherdenking. Hulle trou nie net met die persoon op wie hulle verlief geraak het nie, maar ook met die een wat soms hulle liefde verwerp. Hulle trou met die dapper een en met die lafaard. Hulle trou met die maanskyn en rose én met die donderstorm en bliksemstrale. Soms verloop daar jare tussen die troues. Meneer Maugham stel dit so mooi: Hierdie mense wat kies om weer en weer te trou en oor en oor nuwe beloftes aan die