Search

As jy die moer in is

"When we are no longer able to change a situation, we are challenged to change ourselves." - Viktor Fankl Die bron van frustrasies Om ontsteld te wees is iets wat jy voel wanneer jy koffie op jou klere mors of as jy 'n boete kry. Om die moer in te wees is iets wat jy voel teenoor die mense naaste aan jou. Jou partner kan met net een verkeerde sin of kyk maak dat jy gaan van 'n kalm, volwasse mens wat goeie rasionele besluite maak na 'n demoonbesete kryger wat nie net in staat is om slange te vang nie, maar wanneer die slange gevang is hulle te gebruik as ‘Chuka sticks’. Of miskien is jy aan die ander kant van die spektrum en jy trek heeltemal in jou dop terug, sluk jou tong in en kry ernstig

Wat het jy nodig?

Om iemand vir iets te vra, kan moeilik wees. Soms wil ons hê dat mense net moet wéét wat ons nodig het sonder dat ons ongemaklik hoef te voel. Dit is ongelukkig 'n fantasie. Veral as dit kom by die persoon met wie jy getroud is. Jy moet leer om te vra wat jy nodig het. Niemand kan beter weet wat jy nodig het as jy nie. Dit is jou taak om jou behoeftes te verstaan ​​en dit te verwoord. Dit is onregverdig om van jou maat te verwag om dit uit te vind en (soos jy seker al weet) dit is nie baie effektief nie. Mense is te veel kere ongelukkig in verhoudings omdat hulle van hul maats verwag om te weet wat om te doen en hoe om dit te doen. "As jy lief is vir iemand dan sal jy mos...", of so glo ons.