Search

Ses Groot Vrae :6.Wat van geld?

WAARSKUWING! DIE INHOUD VAN HIERDIE ARTIKEL IS MAKLIK OM TE LEES EN ONTSAGLIK MOEILIK OM TOE TE PAS! Wanneer dit kom by geld is die probleem nie wat ons weet nie, maar hoeveel ons doen van dit wat ons weet. Finansiële druk plaas onmiddelike en direkte druk op jou verhouding. Dit skep angs en hou jou gedagtes gevange. As jou gedagtes gevange gehou word (met ander woorde jy is occupied) is dit onmoontlik om teenwoordig in jou verhouding te wees. Dink hieroor: 1. Weet jy/julle hoe lank dit sal vat om skuldvry te wees? Indien nie, beteken dit daar is nie 'n duidelike plan om van skuld ontslae te raak nie. 2. Weet jy hoeveel van jou geld waarheen gaan? Kies jy of wonder jy waarheen dit ga

Ses Groot Vrae: 5.Hoe belangrik is geloof vir ons verhouding?

GOD EN GOM Geloof in 'n verhouding werk soos gom. As jy twee planke aan mekaar wil plak gaan jy 'n dun lagie gom smeer en die planke styf teen mekaar druk. Jy gaan die spasie tussen hulle so klein as moontlik maak. As jy dit al gedoen het sou jy sien dat die ekstra gom uitpeul en daar net die nodigste dun lagie binne bly. Dit sal belaglik wees om die plank langs mekaar te sit en dan die spasie tussen hulle met gom te vul. Dit sal ook nie werk nie, maak nie saak hoeveel gom jy gebruik nie. Meer gom maak die plak nie beter nie - minder spasie doen wel! Ongelukkig probeer gelowige couples dikwels die spasie tussen hulle vul met meer geloof of godsdiens of God. Meer bid of kerk of Bybelstud

Ses Groot Vrae :4.Hoe praat ek oor dinge wat my pla?

Oor die algemeen is pare in een van twee plekke wanneer dit gaan oor dinge wat pla. Of hulle is so versigtig om mekaar se gevoelens seer te maak dat nie een van hulle ooit oor dit praat wat hulle pla nie, of hulle is so sensitief dat hulle gereeld vassit en dit voel of die verhouding net die een probleem op die ander is. Die eerste een is gebasseer op hoop (Optimis):"Ek hoop jy kom self agter wat my pla en maak dit reg." Die ander is gebasseer op vrees (Pessimis):"Ek is bang dat jy nie gaan verstaan hoe erg dit vir my is nie - so ek wil dit so sterk as moontlik stel." Hoe vind mens die gesonde middeweg (Realis)? Die groot fout is om dit wat jou pla te sien as kritiek. Met ander woorde: