Search

Ses Groot Vrae: 2.Moet liefde sulke harde werk wees?

Moet liefde sulke harde werk wees... of is dit 'n teken dat ek met verkeerde persoon getrou het? Die eenvoudige antwoord is – Ja en nee. Ja, dit is harde werk en nee, dit beteken nie dat jy met verkeerde persoon getrou het nie. Ek wil graag bou op die fietsry metafoor van laas week. Verhoudings vra fiksheid. Om fiks te word vra inspanning. Ons verhoudings maak baie dele van die lewe vir ons makliker. Dit is die moeitelose momentum en spoed van afdraande met jou fiets ry. Wie geniet nie 'n stukkie downhill nie? Maar, alhoewel dit nie inspannig van jou vra nie - vra dit iets van jou verhouding. Dit is eenvoudig onrealisties om te dink dat jou verhouding net uit afdraandes moet bestaan

Ses Groot Vrae: 1.Hoekom gaan verliefheid verby?

Die eenvoudige antwoord is – sodat die realiteit van ware liefde kan begin. Wanneer ons verlief is skei ons breine verskeie hormone af wat ons wonderlik laat voel en wat maak dat dit wat ons vir mekaar moet doen en gee maklik gebeur. Asof dit dan geen inspanning vra nie. Soos jy weet - dit bly nie so nie. Dieselfde dinge kan later onmoontlik voel om te doen. Onthou jy toe jy leer fietry het. Wanneer jy leer fietsry het jy baie hulp. Training wheels, pa wat jou vorentoe stoot en vang as jy omval. Almal is opgewonde vir jou en ondersteun jou en is so trots op jou. Dit is fantasties! Die fase van verliefheid is so. Maar as jy nou nog met die training wheels sou fietsry? As jy vandag nog verwag

Hoe om jouself reg te groet

Totsiens Om al hierdie nuwe gewoontes geleidelik deel te maak van julle verhouding beteken ook dat jy moet totsiens sê vir 'n paar ander. Vandag se gewoonte gaan spesifiek daaroor om totsiens te sê vir die manier wat jy jou partner sien en wat jy dan voel oor wat jy sien. Negatief Die eerste een is die fokus op die foute (volgens jou) wat jou maat maak ,asook die eienskappe wat jou maat het wat jou pla. Dit raak 'n filter wat maak dat jy onbewustelik soek vir die dinge en dan natuurlik ontsteld raak daaroor. Dan, wanneer jy ontsteld is verwag jy van jou maat om dan ook op 'n spesifieke manier te reageer. Indien dit nie gebeur dan raak jy nog meer ontsteld. Probeer die volgende sin: "Ek

Die noodsaaklikheid van poligamie

As jy al lankal hierdie artikels lees sal jy dalk hierdie een onthou. Dit is een van die gesondste gewoontes wat gelukkige pare het en ek deel dit graag weer met julle... Mense wat gelukkig getroud is trou nie net een keer nie. Hulle trou weer en weer. Hulle trou nie net met die partner wat maklik is om mee saam te leef nie, maar ook met die een wat soms vol nonsens is en die een wat eers sigbaar word na jaar 3. Hulle trou nie net met die persoon op wie hulle verlief geraak het nie, maar ook met die een wat soms hulle liefde verwerp. Hulle trou met die dapper een en met die lafaard. Soms is hierdie troues jare uitmekaar. Meneer Maugham stel dit so mooi: Hierdie mense wat kies om we

Ogies maak

Nee, ons is nie almal Brad Pitt nie - ons wil ook nie noodwendig wees nie. Maar ons almal was al verlief. Elkeen van ons het al iemand raakgesien wat ons twee keer laat kyk het. Sommige van ons het met daardie persoon getrou. Sommiges het weer van daardie persoon geskei. Vandag het almal van ons die uitdaging om ons sexy kyk af te stof en blink te vryf. Hier is 'n manier om jou maat se oog te vang: Volgende keer wanneer julle byvoorbeeld by 'n partytjie of markie is - Staar na jou maat. Kyk net lank en glimlag. Gee die tipe glimlag wat sê:"Ek is so bly jy is in my lewe." Of jy nou Brad of Bean is, maak nie saak nie. Hier is die vereiste: Kyk lank genoeg vir jou maat om dit agter te kom - hou