Search

Vermydende gedrag

Voltooi gou die volgende sin drie keer. Elke keer met 'n ander frustrasie. "Ek word so kwaad as my partner..." Doen nou dieselfde met die volgende sin (ook drie keer).: "My partner word elke keer kwaad vir my as ek..." As jy meer energie spandeer om te kla oor 'n frustrasie of jou frustrerende gedrag teenoor jou maat te regverdig of te verdedig is jy eintlik besig om vermydend op te tree. En wat jy vermy is: OPLOSSINGS! Vra jouself nou:"Is daar iets wat ek aan net een van bogenoemde frustraseis kan doen?" As jy meer energie spandeer om te kla oor 'n frustrasie of jou frustrerende gedrag teenoor jou maat te regverdig of te verdedig is jy eintlik besig om vermydend op te tree. En wat j

Grap of Grou - wat is julle verstekposisie?

Elke couple het 'n natuurlike geneigheid om óf meer lig en laf óf meer ernstig en eerlik te wees. Ons hou van nature daarvan om óf oppervlakkig te wees en te grap en lag oor die lewe óf om diep te gaan en saam te grou vir die goud in ons verhouding. Vir sommiges van ons is daar 'n gemaklike en natuurlike balans, maar in my ervaring is dit 'n groot uitsondering! Nee, meestal is daar 'n wanbalans. Die wanbalans kan dit moeilik maak om sonder spanning te lewe, omdat ons onbewustelik konstant moet beur teen dit. Daar is dus nie 'n toestand van balans wat ons elke nou en dan vind nie. Hierdie balans is die plek van rus vir jou verhouding. 'n Plek van net wees. Hierdie klem op die een of die ander

Ou koeie of binnevet van die boud

Dink hoe dit sal wees as jy elke dag twee e-posse kry. Die een beskryf iets negatiefs oor jou persoonlikheid en die ander weer 'n positiewe eienskap. Wat sal gebeur met jou gemoed en ingesteldheid as jy elke dag net die negatiewe epos lees? Wat as jy dit vyf keer ‘n dag lees? Jy sal natuurlik na 'n tyd redelik pessimisties raak en nie baie gemotiveerd voel om te verbeter nie. Maar wat sal die effek wees as jy die negatiewe epos een keer lees en dan die positiewe een vyf keer of meer? Alhoewel jy bewus sal wees van 'n area waaraan jy moet aandag gee sal jy verseker meer optimisties voel oor jouself en waarskynlik meer motivering hê om te werk aan die areas wat aandag nodig het. PLUS! Jy sal d

Handgemaakte boodskappe

Daar is soveel geleenthede om mekaar se hande vas te hou. Geleenthede wat ons vroeër met beide hande sou aangryp! (see what i did there?) Dink aan die eerste keer wat jy die hand vasgehou het van iemand waarvan jy regtig gehou het. Kan jy onthou hoe dit gevoel het? Ons hou ook hande vas as 'n simbool van bystand en ondersteuning. Soos wanneer iemand vir wie ons omgee op 'n hospitaalbed lê. Ons doen dit om te sê: "Ek is hier vir jou...Ek is saam met jou." Dit het 'n veel groter effek as wat ons besef. Kyk die video meer hieroor... Om hande vas te hou kan 'n lewe red. Die lewe van jou verhouding. Maak dit weer gewoonte as julle dit stadig afgeleer het of doen dit met nuwe oorgawe en betekeni